Sewe gevangenes ontsnap uit Gauteng-hof

Argieffoto

Argieffoto

Sewe verhoorafwagtende gevangenes het Maandag uit die aanhoudingselle van die Lenasia-landdroshof ontsnap nadat hulle polisiebeamptes oorrompel het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die gevangenes het omstreeks 16:00 ontsnap. “Die gevangenes het reeds [Maandag] in die hof verskyn vir roof met verswarende omstandighede, huisbraak en diefstal,” het hy gesê. Dlamini het mense gewaarsku om nie die mans te konfronteer nie, maar dadelik die polisie in kennis te stel.

“Daar word beweer die gevangenes het die polisiebeamptes wat by die hofselle gewerk het, oorrompel en die hoofdeur gebreek om te ontsnap. Hulle het verskyn vir misdade wat in Lenasia, Eldoradopark en Ennerdale plaasgevind het.”

Die ontsnapte gevangenes is Brendon Paul, Mpho Ramatsoale, Johnson Leroy, Luvesh Veerasmy, Dumisani Selepe en Thabiso Sebelwane wat vir huisbraak en diefstal in hegtenis geneem is en Romeo Beukes, vas vir roof met verswarende omstandighede.

“Die polisie het ʼn span speurders en misdaadintelligensiebeamptes ontplooi om hierdie gevangenes op te spoor. ʼn Interne ondersoek sal ook gedoen word om te bepaal of die ontsnapping van hierdie gevangenes weens [polisie se] nalatigheid was of nie,” het Dlamini gesê.

Hy het gesê enigiemand wat moontlik die gevangenes help ontsnap het, sal ʼn strafregtelike aanklag en moontlik ook dissiplinêre aksie in die gesig staar, wat tot ontslag uit die polisiediens kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sumari ·

Dit is nou al die hoeveelste keer wat so iets gebeur. Lyk my dit kry nie end nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Indie dit gevaarlike gevangenes is , waarom was hulle nie in voetboeie nie.

zahn ·

Dis mos hoekom daar ‘n interne ondersoek sal wees, om te bepaal of daar nalatigheid was? Ons weet mos nou al, daar sal dadels van kom. Die ondersoek moet ook probeer vasstel of daar dalk met high tea KFC gekoop is. dis dalk hoekom die beampte se vingers te glad was, kon nie die manne keer nie. of so iets.

scalla ·

Ek vermoed die polisie volg nie die regte prosedure nie, laat hul almal weer die nodige her opleiding ontvang, dit kan mos nie so aangaan nie.

Theresa ·

Waar is die dae toe almal goed opgelei is, paraat en versigtig was??? Goeie genugtig, vandag sleep almal voete en is alles te veel moeite. Net nog ‘n dag by die werk. Dan gebeur sulke goed want dit gebeur mos net in stories………………… As julle nie wil leer nie – kry dan maar vir julle. Dis gratis!

Michiel ·

“…en die hoofdeur gebreek om uit te ontstnap” Hoe het niemand gehoor daar word ‘n deur gebreek nie – dis mos ‘n groot geraas? Daar moes tog ander polisiemanne aan diens wees of in die omtrek? Nee wat klink of hier weereens polisietjommies van die skelms was wat so bietjie gehelp het ne.

CHRISTA ·

Ek sekondeer, maar hierdie polisielede moet net onthou: hulle het ook families!!!

George ·

Ek kan nie help nie om te dink dat hulle gehelp is om te ontsnap. Waar was die voetboeie? Die saak stink!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.