Sewe in Gauteng doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Taakspan is aangestel om die skuldiges vas te keer ná sewe persone die afgelope naweek in Springs, Tsakane en KwaThema in Ekurhuleni doodgeskiet is, het die Gautengse polisie Sondag gesê.

Nog sewe persone is met skietwonde in hospitale opgeneem en ander persone is reeds ontslaan, het kol. Lungelo Dlamini gesê.

Alhoewel die motief vir die skietery en moord deur ʼn groep persone nog ondersoek word, ondersoek die polisie die moontlikheid dat van die moorde verband kan hou met bendes wat vullis versamel by Rietfontein-stortingsterrein en dwelmoorloë in KwaThema.

Twee persone is Vrydagoggend by die stortingsterrein in Springs dood aangetref met skietwonde.

Nog twee persone, onderskeidelik 27 en 30 jaar oud, is Vrydagmiddag dood aangetref in Tsakane, waar twee persone ook tydens die aanval deur ʼn groep van minstens agt persone beseer is. Die groep het lukraak op persone geskiet. ʼn Voertuig is ook tydens die aanval beskadig. Die groep het vermoedelik in twee voertuie gery.

Agt persone is by ʼn plakkershuis in KwaThema aangeval. Drie persone, tussen 26 en 41 jaar oud, is dood en vyf persone is na ʼn hospitaal geneem. Die motief vir dié aanval hou vermoedelik met dwelmmiddels verband.

Dlamini het gesê die aanvallers sal na verwagting vinnig aangekeer word, omdat die polisie alle leidrade opvolg. Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andreas ·

Baie dankie vir die vesekering dat die skuldiges na vewagting baie vinnig aangekeer word omdat die polisie alle leidrade opvolg.

Louis ·

En wanneer word daar n taakmag aangestel om die plaasboer moorde te ondersoek

Stripes ·

In ander sake waar daar nie ‘n taakmag is nie word net sekere leidrade wat dui op onskuld nagevolg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.