Sewe in hof ná Mooinooi-vroue verdwyn

Die sewe verdagtes wat in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verdwyning van Joey en Anisha van Niekerk (5 Januarie 2018). Foto: Landi Slatter

Sewe verdagtes het Vrydag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verdwyning van Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk wat in Desember verlede jaar in die Mooinooi-omgewing vermis geraak het.

Aaron Sithole (23), Alex Mudau (36), Moses Rakubu (33), Koos Strydom (53), Vincent Strydom (29), Maruschka Opperman (18) en Jack Mokotedi het op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg verskyn.

Mokotedi se naam is voorheen weerhou omdat daar onsekerheid was of hy minderjarig is of nie, maar die staatsaanklaer in die saak het intussen bevestig dat hy nie minderjarig is nie.

Die sewe verdagtes se aansoeke om borgtog is tydens die  hofverrigtinge bespreek.

ʼn Regsverteenwoordiger vir drie van die beskuldigdes het aan die hof gesê dat daar ʼn fout op die klagstaat is. Volgens hom lui die klagstaat dat een van die verdagtes reeds in November 2017 in hegtenis geneem is en eers op 15 Desember 2017 in die hof verskyn het.

Die staatsaanklaer het toegegee tot hierdie fout. Die regsverteenwoordiger beweer die betrokke beskuldigde is eers op 12 Desember in hegtenis geneem en het toe op 15 Desember in die hof verskyn. Hy het daarop gewys dat dit steeds langer as die wetlike 48 uur is waarbinne ʼn verdagte moet verskyn en geëis dat dié verdagte se saak van die rol geskrap word.

Die sewe verdagtes wat in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verdwyning van Joey en Anisha van Niekerk (5 Januarie 2018). Foto: Landi Slatter

Landdros Stanley Maribi het gesê die verdagte se regspan sal eers aan die hof bewyse van die datum van sy inhegtenisneming moet lewer voordat so ’n versoek oorweeg kan word.

Maribi het die saak tot 10 Januarie 2018 uitgestel wanneer al sewe verdagtes na verwagting formeel om borgtog sal aansoek doen.

“Alhoewel dit as onregverdig geag mag word teenoor dié wat al langer in aanhouding is, kan dit net sowel tot hul voordeel wees. Die hof voel almal se aansoeke moet gelyk aangehoor word. Ons sal wag totdat van die verdagtes se regshulpverteenwoordigers ook voorberei het en reg is om met die borgtogaansoek voort te gaan,” het hy gesê.

Van die verdagtes se regsverteenwoordiger kon nie vandag se hofverrigtinge bywoon nie omdat hy glo aan die streekshof verbonde is en dus nie beskikbaar was nie.

Die openbare galery in die hof was volgepak met familielede van die twee vermiste vroue en gemeenskapslede in swart geklee. Buite die hof het ʼn groep mense plakkate vasgehou waarop daar staan: “Vrede vir Anisha en Joey. Bring hulle veilig terug. Stop misdaad in Suid-Afrika.”

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie en is sedertdien nie weer gesien nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Vroeër vandeesweek is beendere gevind wat die polisie vermoed moontlik die oorskot van Anisha en Joey kan wees. Die beendere is vir forensiese toetse gestuur om die oorsprong daarvan te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Dis Hartseer ·

Dat mens jou eie mense so kan doodmaak, mag julle sit vir altyd, eintlik verdien julle wat hierdie twee vrouens deurgegaan het! DOODSTRAF! Sies man!

Zee ·

Hoe kan n mens n mens dood maak. Dis die hartseer. Die 2 vroue was oppad na hul pa se begrafnis wat dit nog meer hartseer maak.

Smirre ·

Ek sien ek mag niks sê wat kan lei tot haatspraak , kru en presoonlike aanvalle nie, dus weerhou ek my om enige opmerkings te maak.

E.K. die eerste ·

Sien daar is vroulike verdagte van maar 18 – kry sy nie skaam? Is daar nie IETS in haar wat sê ek moet uitkom met enige inligting wat kan help nie? Sy moet IETS weet as sy nie self betrokke is nie. Komaan doen die regte ding!

Hartseer ·

ek hoop met alles in my dat die jong dame nie betrokke was nie maar eerder inligting aan die saak gee, of dalk staats geltuie is. sy si bloed jonk en boonop n vrou. hoe doen een vrou dit aan n ander. ons is tog sagter en meer sensitief ingestel. ek volg die storie al van die begin af en my hart is baie seer oor wat en hoe hierdie saak uitgedraai het. mag geregtigheid geskied, dit wat in die donker gehou word sal aan die lig kom. sterkte aan die betrokke families. my hart gaan uit na julle

Chris Ws ·

Ek hoop die regter weier hulle almal borg!Hulle verdien dit nie.

Fantabulous ·

DOODSTRAF ! GEEN BORG! Hoekom moet hulle borg kry ! Om weer te moor en te verdwyn. NEE laat hulle sit ek as belasting betaler gee nie om om vir dit te betaal nie. Die twee vroue se lewens was van hulle ontneem en wie weet wat hulle deurgegaan het voor die einde. Dis afgryslik om te dink. ‘n Oog vir ‘n Oog ! Hoekom het hulle die “reg” om vry gelaat te word ! Weerhou borg tot vonnis oplegging en gooi die sleutel weg. As die DOODSTRAF terugkom sal minder mense vermoor word. Almal weet as hulle misdrywe pleeg “kry hul free boarding and lodging” Genoeg is genoeg ! Ons moet as ‘n reenboog Nasie eis dat die DOODSTRAF terugkom ! Ai geliefdes van die dames ek bid vir julle, julle is sterker as ek want as so iets met my geliefdes moet gebeur sal ek nie vir my dade verantwoordelik gehou kan word nie. Sterkte….

Johan. H. ·

Hartseer, Jammer om jou “bubbel ” te bars.. Maak jou oe oop. Vrouens is net so instaat tot enige lelike ding.. hou die pers dop. Wie dink jy gooie babas in put toilette, vermoor kinders ,, Verkrag ook!!!. Nou die dag daaie vrou vat gearresteer is vir sex met diere,,, Hoeveel mans word nie emosioneel deur vrouens afgebreek nie,, Maar julle het jul 16 dae stop geweld teen vrouens en kinders,,, Nou Wat nou?? Weet nie of MM dit sal plaas nie,, Gewoonlik word my goed verwyder want ek sny dalk te na aan die been,, Kom ons kyk. Groette mense en sterkte vir die oorblywende famillie!

Hans ·

Stem saam jou Johan. Dit is mos net altyd die mans wat die skuld kry vir als. Kyk selfs na die kinder onderhoud storie, word net aangeneem dit is almal mans wat die onderhoud aan die vrouens moet betaal.

Cherokee ·

Ek wens ek hoef nie met jou saam te gestem het nie, maar dit is mondhoeke so effe na onder gebuig waarmee ek saamstem.

Dereck Le Roux ·

In die Suid Afrikaanse regstelsel beteken die regte van die slagoffers en hul naasbestaandes en geliefdes in ieder geval niks, dit is die konstitusionele regte van die krimineel en terroris wat baie meer werd is want hulle kan aanspraak maak op hul menseregte en kan selfs hul stemme in die tronk uitbring om vir ‘n bepaalde politieke party te stem.

vrede ·

Hi Andre, ek wil nie in jou slaai bak val of iets nie maar soos die artikel dui is daar n` moontlikheid dat een van die verdagtes se saak van die rol geskraap kan word oor die borgtog kwessie. Ondersoek beamptes is mense soos ek en jy en hulle doen hulle werk. die SAPD is onderstaf en die geld is maar skraaps. maar dis nie die kwessie hier nie. `n ondersoek word gedoen om die saak sterker te stel vir die howe van die land. die ondersoek span wat die saak doen is bekwaamd en is van die beste. hulle het elke liewe storie en raaisel opgevolg. plaas jouself in hul skoene. Enige mis trappie van die SAPD se kant af en die saak kan van die rol geskraap word. mens kan nie net all guns blazing die verdagtes proebeer maak praat nie dit grens aan police brutallity en siviele sake teen die polisie… soo jy aangaan is jy `n kenner van die SAPD. Word `n odersoek beampte en kyk wat jy uitgerig kry.

Ek skaam my dood vir die mense… ongeag die ras of vel kleur… dis guwelik en onvanpas wat hulle gedoen het. Die staat sal moet mooi kyk dat almal borgtog geweier word en lewenslank tronk staf kry met geen parool nie. Dis waalglik dat die mensdom tot so lae geraardheid kan daal en soveel skade kan aanrig.

marlene ·

My hart wil breek as ek dink waardeur hierdie vrouens moontlik was. 2 Mense oorgelaat in die hande van 7 misdadigers.
Ek hoop regtigwaar hul bly agter tralies, en as hul sou borg kry, dat die publiek hul sal uitsorteer.
Laat reg geskied.
Hierdie arme familie. Ek dink gedurig aan hulle. ?

Hein ·

Gruweluk om die minste te sê. Hoe neem mens ‘n lewe sonder om oë te knip!!? Ongeag watter ras, geslag, geloof, ouderdom ens jy is, geen mens verdien om vermoor te word. Bitter hartseer. Weier daardie spul borgtog en laat hul boet vir hul dade!! Maak ‘n voorbeeld van hulle. Ons as Suid Afrikaners is nou g*tvol vir moord en doodslag.

Jacques venter ·

Hallo Vrede
Jou redenasie maak sin. Dankie daarvoor

Sandy ·

Sal hierdie nou gekoppel word aan die Plaasmoorde….na gistraand se Nuus Berig dat dit te doen het met ‘n verkoop transaksie van die plot wat gefeil het….Misdadigers word tronkstraf toegedien….nie borgtog nie….Hoop geregtigheid geskied en steeds hoop ons Land dat die 2 vrouens steeds gevind sal word…..Sterkte aan hul geliefdes en gesinne wat onverpoos sit en wag op meer lig en duidelikheid???

Verstom ·

Hierdie dinge gaan my verstand te bowe. WAARMEE is mense besig in hierdie tyd? HOE kan ‘n mens sulke tipe dinge aan ‘n medemens doen? Die motor is verbrand, liggaamlike oorskot onherkenbaar. Is ons terug in die DONKER eeue?!

Veldblom ·

Ja, hoe redeneer misdadigers? Dis wat ek nie kan verstaan nie. Of lees hulle nooit nuusberigte nie? Besef hulle nie dat alles wat húlle reken dat hulle in die geheim doen, oopgevlek gáán word en letterlik van die dakke af verkondig sál word nie? Dis die een saak na die ander. Dag vir dag, week na week, maand na maand, jaar na jaar. Dink elke misdadiger dalk: ek sal doen wat ek wil; almal sal gevang word maar nie ék nie? Het hulle nie ‘n gewete nie? Besef hulle nie dat God alles, alles, maar álles sien wat gebeur en dit aan die lig sál bring nie? Miskien dink hulle glad nie. Dalk is dit omdat dwelms en dagga talle lewens beheer. Niemand is volmaak nie, maar sulke erge dinge oor en oor in die nuus… Waar sal dit eindig?
Ek kan net my kop skud.

LHS ·

Vra maar net. Sou hulle seksuele voorkeure of dan afkeure moontlik iets met die saak te doen kan he. ?

Burger ·

Vrouens 32 en 30jaar oud lewens beindig ………………… laat geregtigheid geskied……

Karen ·

Kan iemand my help….. hulle word van onder andere moord aangekla, maar daar is nog geen lyke gevind nie? Dit maak nie vir my sin nie.

Vonnie ·

Ek het aan dieselfde moontlikheid gedink vanaand. Hierdie storie pla my verskriklik. Maar ek dink dalk het dit iets te dien met, dat die dames iets gesien het wat hul ni moes ni. Op die verkeerde plek, op die verkeerde tyd. Onthou die Strydom ou het n paneelklop besigheid gehad op die kleinhoewe. So dink n bietjie… want daar is vir my net TE VEEL mense betrokke. Ek dink hierdie is n can of worms. Watch maar, wat gaan nog hier uitkom!!!

ja Vonnie ·

Paneelkloppery – chop shop? Dalk onwettige dinge wat raakgesien is deur die dames? Mens wonder…

Ian ·

“My volk gaan ten gronde wees ‘n gebrek aan kennis,” lui die gesegde. Wel, as ek die opmerkings lees van my ou volkie oor hierdie artikel is ek bevrees ons gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan breinselle. …Terminaal.

LHS ·

Kom ons aanvaar maar dat hulle vermoor is, motief egter nog onbekend. Wie die moordenaar(s) was en wie net deel was van die sameswering, ook nog onbekend. Of die beendere wat gekry is werklik so was en/of dit net aas is wat uitgegooi is om iemand gespanne te begin maak, ook onbekend. Waarom dit so lank vat om inligting uit die verdagtes te kry, ook onbekend. Waarom het niemand nog staatsgetuie gedraai en begin sing nie, ook weer onbekend. Selfs die twee se beroepe word nooit genoem, miskien moet die speurders in n heel ander rigting begin kyk. Is daar lewenspolisse wat moet uitbetaal, wie word begunstig, is die lugrederye al gevra na moontlike oorsese besprekings te soek die dag waarop hulle verdwyn het. Iets is net baie, baie snaaks aan hierdie saak, is daar geld uit hulle rekenings ontrek deur die verdagtes, selfs dit word verswyg. Ek kan nie sien dat die 18 jarige verdagte na n dag of twee in n oorvol tronksel, nie baie vinnig van opinie sal verander en haar mond sal oopmaak nie.

Lhs ·

Jammer om te hoor maar hier is iets baie verdags aan die saak. Daar is net te veel dinge wat nie sin uitmaak nie. Sewe verdagtes en nie een praat nie, glo nie.

Adam ·

Die landros wil eers luister, die polisie moet hulle bewyse voorlê, die staat moet sy saak stel en die verdediging kan dit toets. Dan sal die landros dit oorweeg. Volgens sommige opinies is dit alles onnodig; hulle is gevang en moetsummier veroordeel word. Kruisig hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.