Sewe in hof ná moord op sesjarige en haar tannie

court-hammer_thumbSewe mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n sesjarige meisie en haar 41-jarige tannie vermoor het, het in twee groepe in die Hankey-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.

Die eerste groep van vier, twee mans en twee vroue, het Maandag in die hof verskyn nadat hulle Sondag in hegtenis geneem is.

Ao. Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 11 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. “Maandag is nog drie verdagtes in hegtenis geneem,” het hy gesê. “Hulle het Dinsdag in dieselfde hof verskyn en sal weer op 11 Augustus saam met die ander verdagtes verskyn.”

Seekoei sê die sewe verdagtes staan tereg op aanklagte van moord en brandstigting.

Bure het Sondagoggend op die twee lyke in die tannie se huis afgekom en die polisie ontbied.

Die beskuldigdes het glo na die moorde die huis aan die brand gesteek, maar bure kon daarin slaag om die lyke te verwyder.

Die tannie is glo verskeie kere met ‘n skerp voorwerp in die bolyf gesteek en die meisie is glo verwurg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marietjie ·

Die beskuldigdes het glo na die moorde die huis aan die brand geslaan, maar bure kon daarin slaag om die lyke te verwyder.”

Het iemand hierdie berig geproeflees? Hoe slaan jy ‘n huis aan die brand? Dalk steek aan die brand?

Sune van Heerden ·

Dagsê Marietjie

Ons vra om verskoning vir hierdie foute wat ingesluip het. Die teks is nou gewysig.
Dankie dat jy ons hieroor in kennis gestel het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

En so word die tronke net voller en voller en almal doen nogsteeds wat hulle wil. Wetteloosheid seevier………………

Marietjie ·

Dankie Suné vir die regstelling. Ek sien die ekstra “die” in die vorige paragraaf is ook verwyder.

Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.