Sewe in hof oor aanlyn-vlerksleep bedrog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Suid-Afrikaanse vrou en vyf Nigeriërs het Vrydag in ʼn hof in Kaapstad verskyn op aanklag dat hul betrokke was by ʼn aanlynvlerksleep-slenter.

Die beskuldigdes het voor landdros N Booi in die Kaapstadse distrikshof verskyn wat, op versoek van die staatsaanklaer, beslis het dat hulle in aanhouding oorgedra moet word na die landdroshof in Pretoria-Noord.

Nonhlanhla Mda (31) en die Nigeriërs, Nicholas Ebbone Okonji (ouderdom nie aangedui nie), Emmanuel Ogagarho Adiebrefe (36), Franklin Meje Bagogum (32), Emmanuel Oluwagbenga Adu (46) en Imovdu Imomkhe Abraham (ouderdom nie aangedui nie), is Donderdag in hegtenis geneem.

Mda en haar man is by hul huis in Burgundy Estate in hegtenis geneem en vier mans is by ʼn woonstel in Summer Greens in hegtenis geneem.

Die klagstaat het nie aangedui wie van die vyf mans Mda se eggenoot is nie.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die inhegtenisnemings gevolg ná ʼn ondersoek oor ʼn aanlynvlerksleep-slenter wat niksvermoedende vroue teiken en beroof.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het gesê daar is reeds sewe slagoffers. Hulle is gesamentlik uit bykans R400 000 bedrieg.

Die verdagtes het na bewering vals profiele op aanlynverksleep-webwerwe geskep om vroue te lok. Die verdagtes het met die slagoffers gesels voordat hulle met verskillende scenario’s vorendag gekom het waartydens hulle die vroue versoek het om geld oor te plaas na bankrekeninge wat deur die verdagtes voorsien is.

Mda, wat na bewering die geld ontvang het van die transaksies, het R50 000 kontant by haar gehad toe sy in hegtenis geneem is.

Die verdagtes sal op 15 Julie in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Alle vroue wat slagoffers van aanlynvlerksleepslenters was, word aangemoedig om na vore te kom sodat hulle sake ook ondersoek kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Gevang ·

Maak die mense en hul aanlyn profielle bekend sodat dames en mans bewus kan word van die hartelose skurke! Verskaf asb n kontak nomner waar slagoffers hulle kan wend wat hierdie gewete lose mense kan rapporteer. Hierdie isn groot blik wurms wat oopgemaak kan word indien ons die regte rolspelers betrokke kry! Waarheen wend slagoffers hulle as n konstabel by n polisiestasie jou reguit se jy mors hul tyd??

Gevang ·

Hierdie is n groit blik wurms. Wys die skurke se profiel fotos ons wil sien wie hulle is en wie hulle voorgee hulle is!
Verskaf asb n kontak nommer wat ons kan gebruik om ons sake te rapporteer asb….

Me S Botha ·

Ek is beroof van n groot bedrag en het ook een of twee fotos wat ek bekom het toe ek besef het wat met my gebeur het, ek het toe self probeer om die persoon vas te trek, een het langs my gestaan toe ek eenkeer geld oorbetaal het, ek het hom later erken onder een van sy baie “profiles” op fb

Liza ·

Jammer as ek ongevoelig klink, maar hoe dom wil jy wees? Om geld sommer aan ‘n vreemdeling oor te betaal? Of moet ek eerder se hoe desperaat moet jy wees?

petra van Vuuren ·

ek stem. As jy nou nog nie kan agterkom wat ‘n slenter is nie, sal jy nooit weet nie.

Estelle ·

WIE op dees aarde betaal geld aan vreemdelinge oor??? Net deperate mense dink ek. Ek sien dadelik dis n fake profiel wanneer daar bv net 2 of 3 fotos op is en nie veel beweging nie. Net onder profiel foto is 3 kolletjies, click daar en click dan op report, dan gaan jy na fake profile, dan ondersoek FB dit

Hus ·

Ek verstaan nie hoe jy nie kan agterkom jy kommunikeer met ‘n Nigeriër nie…

Jollie ·

Daar is baie Afrikaanse mans wat net agter vroue se geld aan is. Hulle soek sagte teikens. As ‘n man (of vrou!) begin praat van (jou) geld, verbreek onmiddelik alle kontak. Dis nie altyd maklik om mense te ontmoet nie vanwee skedule of ligging, maar eerder eensaam as eensaam én arm!

Anna-May ·

Ek het iemand op die aanlyn manier probeer ontmoet, want ek woon baie afgeleë. Die eerste een was getroude man wat net afleiding soek as hy Kaap toe reis, tweede het net blyplek, vryplek en vreetplek gesoek, die derde wou graag deur die land toer met ‘n mobiele woning, wat ek nogal moes koop want hy het alles verloor na 2 egskeidings, die vierde het my wel ontmoet vir ‘n ete maar het sy beursie “vergeet” en honderde rande se kos en drank verorber. En my vertel hoe verlief is hy op my. En heeltyd oor seks probeer praat. So grillerig! Nee dankie, bly weg van die “spungers”, hobos en perverts.

Cupid ·

Vermiste beursies is n algemene taktiek van sponse. Twee opsies wat jy hier het. In die eerste plek moet nie duur drink of eet nie, drink net een of 2 koffies en maak dit net n vinnige date want kanse is groot dat julle nie wederkerig van mekaar gaan hou nie en dan was die afspraak net geld gemors. Tweede opsie, as Spons beursie vergeet het, haal n R50 of 100 noot uit en se dis al wat jy het. Dan sal spons wel iewers geld skielik ontdek in n baadjiesak.

Ondersteuning vir mekaar ·

Ons moet mekaar ondersteun en moenie dink ons is easy targetes nie ……..julle wat so maklik oordeel het geen benul van hoe slinks die wetters is nie!
Ekt met n Italianer sy ma en kind n 10 jarige dogtertjie gepraat vir maande !! Hy het my selfs geskypy!! Toe vang hy my ook net so ……. Nee ek het dit nie sien kom nie… Veral nie as die kind huilend vertel hie sy haar pa mis nie!! Waarheen kan ek gaan vir hulp om die man vas te trek??

M A ·

Dis nie net aanlyn nie. Ek het met n “pastoor” getrou nadat ek al sy vriende ontmoet het en hy die heiligheid vanself was. Die huwelik het 3 maande gehou want sy hele lewe was n leuen. Ek het dit gewis nie sien kom nie.

Johan ·

As jy darem die man se regte naam en details het, kan jy na ‘n prokureur gaan wat ‘n tracer op hom sal sit. Dit sal jou so R2400.00 kos, konsultasie ingesluit.

Rigting wysers ·

Johan enige prokureers id Wesrand wat in hierdie veld spesialiseer? Waar kan ek die nomners bekom? Asb en vra om hulp nie jammerte of kretiek nie…… Ja net ondersteuning en rigting wysers asb

johann cb ·

Bly maar weg van hierdie aanlynvryery. Iewers is ‘n vangplek. Soek ordentlike geselskap by mense wat jy ken. Begin sommer by jou Kerk.

Cupid ·

In die ou dae het dit gewerk maar vandag is die lewe ongelukkig baie meer onpersoonlik.

Vera ·

Johann cb hier is net 2 enkel mans in my kerk. Die een het parkinsons en is in ‘n rolstoel en die ander neem medikasie vir skisofrenie!! Dis nie altyd net so maklik nie hoor!

JoeV ·

As aanlyn vryer nie binne sekere tye by publieke plekke kan kom vir ‘n ontmoeting nie, beweeg aan. Vinnig.
En as die persoon geld vra en jy betaal…. hoop ek dit is baie!!! Wie in die jaar 2016 is so naief vra mens jouself af!

Suzaan ·

Moenie so maklik oordeel nie ….. baie van die “scammers” sit in London en praat met n baie hoe gehalte Engels dat jy nie maklik kan agterkom dat dit n swartman is nie, ek praat uit ondervinding. ‘n Vrou wat alleen is en nog nie bewus was die tipe mense nie word baie maklik vasgevang in hul web!

sj ·

My magtig. Is daar nog mense wat val vir daai dinge. Kuier met die bure,werksmense ens. Dalk vind jy geluk sonder n prys.

Johann Marx ·

Is daar nie ‘n sugar-mommy daar buite met haar oorlede man se boedelgeld in haar sak nie? Ek sou kon doen met ‘n miljoen…….dollar…

Rln ·

Ek lees nou al die kommentaar, om eensaam te wees is nie aangenaam nie en dit maak van enige persoon n baie maklike teiken. Dit is waarop die skelms konsentreer.

So, my raad is vertrou op die Vader, bid en vra en as dit Sy wil is, sal Hy die regte man oor jou pad bring, op n manier wat jy self nie sal kan glo nie.

Ek glo daar is mans wat ook so gevang word dit is nie net vouens nie, maar ongelukkig is ons vroue nasie tog so naief en eet omtrent als vir soetkoek op.

Ek stem saam met die persoon wat se liewer eensaam as eensaam en arm!

Annie ·

Daai man wat ek ontmoet het op die Kliek site het vreeslik baie gedrink op ons eerste afspraak!!! Ek kon nie glo hoe vinnig hy die een na die ander drankie wegslaan nie. Hoe meer hy gedrink het hoe nader het hy geskuif, en het sy hande begin dwaal!!! Ek ruik toe ook so ‘n klankie aan hom… iets tussen vrot guavas en vuil kouse. Ek het opgestaan om badkamer toe te gaan, by die deur uitgeglip en my nommer verander.

Cupid ·

Dis wys dat jy weggeglip het. Kids die plek En tafel so dat jy dit altyd kan doen. As jy nie gevlug het nie sou jy dalk nog moes betaal het.

Wat-ek-lees ·

Jiggie Annie, vreeslik wanneer die klankie aan jou verhemelte bly vassit.
Laat my dink aan die ou wat elke oggend sy kouse teen die muur goei en wanneer dit vassit is dit tyd vir ‘n skoon paar.

Grotman ·

Dink soos ‘n krimineel. Waar sal jy jou vislyn gaan ingooi as jy ‘n welgestelde, weerlose en eensame sucker soek, sonder dat daar getuies is? Wonder hoeveel verkragters, reeksmoordenaars en ander psigopatiese elemente sluip daar rond, behalwe nou die gewone bedrieërs?

Stupid ·

Ek het my adres vir iemand gegee met wie ek maande gechat het. Ek weet, stupid nê. Lank gesukkel om van die bekruiper pateet ontslae te raak en moes maar trek. Watter soort mens loop drie uur in die oggend om jou huis en probeer by jou vensters inloer? Of roep en roep jou naam voor die deur as jy nie oopmaak nie? Ek kon nie die polisie bel nie want ek het vir hom sexy fotos gestuur. Stupid verby, maar ek sal nooit weer so iets onnosel aanvang nie. Ons almal maak foute maar soms wil mens net weer voel iemand gee om vir jou en begeer jou darem.

Imelda ·

Wenk: Al hoe jy van ‘n geldwolf ontslae raak is om HOM vir geld te vra. Hoe meer, hoe beter. Doen dit knaend. Hy verdwyn vinnig soos mis voor die son, Schumacher sou sy ou skoene agterna gooi.

Cupid ·

Ja, sodra iemand begin praat van geld dan vra jy sommer eerste. Noem ook jou besittings is als op skuld gekoop en jy is diep in die skuld, en niemand wil meer vir jou leen nie, dan vra jy of jy kan leen. Net daar is jy ontslae van die persoon, maar sorg dat jy bly by jou storie en nie sag word as die swendelaar aan hou nie.

Gemene varke ·

Ek is ook gevang! En ja die skuimbol wil my nou laat glovek skuld hom!!! Wat n vark vertel my om my kar te verkoop sodat hy geld kan he om vd olie boor in USA af te kom om sy ma te gaan begrawe!!! Dan is dit n man wat heetyd vd Here praat ens!!!
Nee wat ekt my les geleer……bly weg! Maar sal hom erens wil rapporteer dis nonsens dat hulle hiernee wegkom!

Dis nou jammer ·

Dis nou werklik jammer Maroela laat nie toe dat foto’s geplaas word nie ek sou met graagte my skurke se sogenaamde profiel fotos wou wys! Ja ek weet hulle steel ook fotos van andef maar dan weet onskuldige mense waarvoor hulle fotos ook gebruik word!!!

Cupid ·

As iemand te veel van die Here praat kan jy maar weet daar is n plan.

Minette ·

My wêreld. Die nigeriërs steel wit mans se fotos en besonderhede van facebook af en gee voor dat dit hulle is. Hulle is wel engelssprekend, maar kastig van Amerika ens. maar eintlik is dit skelms van Nigerië en Ghana ens. G’n wonder die vroue word gevang nie. Nou net op pig hunters gaan loer. Dis ‘n wêreldwye slenter.

Jana ·

Hy het vir my gesê die Here het hom gestuur om na my te kyk en my op te pas, dat hy my beskermengel is. Hy het gesê hy kan nie glo hoe baie ons in gemeen het nie. Ek het my pa verloor en was deur ‘n egskeiding, heeltemal verlore. Dit was maar ‘n moeilike tyd. Hy het gesê die Here het hom vir my gestuur en Why me Lord van Kris Kristofferson vir my gesing. Toe kom ek agter hy probeer my huis onder my uitverkoop en toegang tot my bankrekening kry.

Gemene varke ·

@Cupid – jip dit het ek nou geleer hoor maar hy moet weet God laat dit nie ongesiens verby gaan nie.
Wens net ons kan die varke vastrek en hulle gesigte bekend maak. Ek kan nie glo niemand weet van n plek op sosiale media waar mens hulle kan rapporteer of dat iemand die lus het om die skruke op te spoor nie …….gaan ons dit ook net laat oorwaai sodat hulle n volgende slagoffer kan besteel?

Cupid ·

Nee ons gaan dit nie laat oorwaai nie. Ek gaan nou n lysie hier plaas oor moets en moenies.

Wendy ·

It’s with keen interest that i read the comments of online dating and how people scheme money from someone. I’m amazed that one can fall for such obvious schemes in this day and she. I’ve done one real life in line date and the man is not exactly mr. Right but he is decent,pays for everything and doesn’t expect something in return. Guess I was just very very lucky. Not all of online dating is bad. We spoke for a year before meeting he never asked me for anything and neither did I ask for something.

Volg op asb ·

Marloeka media dankie vd artikel hou ons asb op hoogte ek voorspel hierdie gaan nog baie id nuus verskyn! Kan Maroela kontak nomners of epos adresse verskaf vir slagoffers om hulle sake by te voeg?

Cupid ·

Uitstekende idee. As ons saam werk dan kan ons vinnig scammers stopsit.

Tanja B ·

Ek is so dankbaar hierdie skelms is vas getrek. Hulle skep ‘n profile met ander mans se fotos. Gewoonlik USA Army mans en ook mans wat so oulik en liefdevol is met hul kinders. Dan is die man ‘n weduwee. Ek het een gehad maar gelukkig het ek hom fotos gevra van waar hy werk. Hy was glo op ‘n olieboot. Wel dit het verdag gelyk. Toe per toeval, sien ek ‘n fb vriendin wat ‘n ander man op haar blad het met dieselfde foto. So het ek alles ondersoek en ons het uitgevind dit is ‘n scam. Net jammer nadat haar een klaar R400 uit haar gekry het. As jy meer wil weet dan google “male scammers” daar sal jy die fotos kry wat hul gebruik. Moet ook nooit ‘n friend request van ‘n man aanvaar as julle net een of twee mutual friends het nie en ook as jy op sy profile kyk en daar is baie min informasie. Ek hoop rerig hulle trek nou almal vas sodat hierdie kan end kry. Ek los gewoonlik sulke friend request op my blad sodat ek die fotos kan dophou. Ek voel jammer vir die vrouens wat so gevang is. Nie lekker nie.

O wee ·

Jy bedoel seker die man was ‘n wewenaar, en nie weduwee nie.

Gründling ·

Dit sal seker skrikwekkend wees om te sien met wie jy eintlik gepraat het terwyl jy gedink het jy gesels met ‘n aantreklike Amerikaner op ‘n olieboor. Dit is die ding van die internet, jy weet nooit wie of wat aan die ander kant sit nie. Mens kan voorgee om enigiemand en enigiets te wees. Ek het na die vals profiele gaan kyk, maar hulle Engels is opvallend swak. Jou taalvaardigheid moet darem regtig ook sub-standaard wees om vir dié slenter te val.

Laf you long time for fai dollar ·

As jy nou iemand op die internet moet ontmoet, skype, video chat. Praat julle nie oor die foon voor jy geld stuur nie? Jy sal mos kan hoor dis ‘n nigeriër. Iemand wat nie toegang tot ‘n selfoon het om met jou te praat in hierdie moderne eeu nie, is verdag. Of stuur jy geld vir mooi fotos en mooi woordjies?

Babadook ·

As jy wonder oor iemand se identiteit of die legitimiteit van sy foto, gebruik Google image search. Jy sal gou sien aan wie die fotos behoort.

Corrie Buys ·

Waarmee hou julle julle in die eerste plek mee besig?? Ledigheid is die duiwel se oorkussing! Blaas dood die interweb opsitkers en kry werk vir julle hande!

Enkellopend ·

Om werk vir hande te kry moet daar in eerste plek iemand spesiaals gevind word.

Cupid se riglyne vir veilige internet dating ·

1. Lees ander se kommentare hierbo en leer daaruit.
2. As iemand te vinnig verlief raak, jou na enkele boodskappe begin mis of na verlang, lief raak vir jou of ongewoon baie komplimente gee. Dit is veronderstel om tyd te vat. Hiedie is ‘n scammer.
3. As die persoon lang boodskappe stuur, maak seker dit is spesifiek vir jou en nie meestal gecopy en paste nie. Meeste scammers skryf vir honderde teikens en kan nie vir elk n persoonlike boodskap skryf nie, daarom skryf hulle ‘n standaard boodskap wat gecopy and n paste word en minimaal aangepas word.
4. Vra die persoon vrae en kyk of hy/sy jou op elke vraag goed antwoord. Soos in punt 3 genoem skryf meeste scammers standaard boodskappe vir honderde mense en daarom het hulle nie tyd om elke slagoffer se boodskap individueel mooi te lees en mooi te antwoord nie.

Gemene varke ·

Dankie Cupid vir jou riglyne ek hoop mense beem dit ernstig op. Ek sou my saak baie graag aan n prokureer wou oorgee maar gaan dit nie finsnsieel kan bybring en volhou nie. Hierdie magtelose gevoel en finansiele knou dryf my teen die mure uit! Ek sou regtig geregtigeheid wou sien gebeur.

Cupid se riglyne vir veilige internet dating deel 2 ·

5. Sodra die persoon uitvra oor jou besittings, huis vs klein woonstelletjie, besit vs huur, duur vs goedkoop leefstyl, weet maar dis of n scammer of n spons.
6. Bly by hou eie kultuur, mense naby jou, as jy kanse om gescam te word wil verklein.
7. …
…Sal in toekoms meer vertel want ek sien nou die storie is nie meer hoof storie nie daarom gaan amper niemand meer dit lees nie.

reie van heerden ·

As die belangstellende kom kuier maak duidelik jy het ‘n kar, n huis en kos. Jy soek nie ‘n man om mee te trou nie maar wel iemand met wie jy ‘n langtermyn (?) vriendskap en geselskap kan he.

Quient ·

Andre, dankie vir die inisiatief. Ek is bly iemand met jou vaardighede van blad skep wil help. Miskien kan jy nie net internet dating varke identifiseer nie maar ook swendelaars wat ons so bel om kamma beleggings aan ons te verkoop, ek weet van n groot maatskappy wat spesifiek Afrikaners teiken. Dit kan ook besighede lys wat ons mense bedrieg, amper soos ons eie hello Peter. Nooi mense weer om jou te mail wanneer daar volgende artikels oor internet dating en swendelary opkom want hierdie artikel se leestyd is nou om.

Eliza-beth ·

Ai tog, al is dit die laaste uitweg bly ek liefs alleen (en gelukkig!) as wat ek aanlyn “liefde” soek en ‘n spul ongeluk bykry. Regtigwaar, mense moet, selfs al is hul gelukkig getroud leer (of aanleer) om lang tye gelukkig op jou eie te kan wees. Ek lees eerder ‘n boek as om so te soek vir ‘n “maat”. Nou-ja my kommentaar is mosterd na die maal, almal het klaar gelees glo ek maar neitemin. Mense moet aanleer om op hul eie gelukkig te kan wees.

pop ·

johan cb< moenie my laat lag nie. jy se begin by die kerk om ordentlike mans te ontmoet. Wat maak hulle meer ordentlik as die res. En hoe maak jy nou, sit jy heel agter en dan bekyk jy elke alleen man wat inkom. wees reslisties. Ek het my man aanlyn ontmoet en is nou al 5 jr getroud met hom. n Meer ordentlike mens is daar nie. ons is baie baie gelukkig dankie. Ek beveel dit aan vir elke alleen mens. Wees net versigtig, en oopoog.

Anoniem ·

Daar is baie web bladsye op net. Gaan na Specto en sal duisende scammers kry oor sie wereld.

Jen ·

Moenie vinger wys nie. Ek was 18 jaar alleen en het fb “invites” gekry. Almal indrukwekkend en soms saam ‘n kind afgeneem. Meeste profiele was nuut.Bevraagteken als. ‘n vriendin het geld oorbetaal vir die arme “siek” kind. Nogeen het amper help vlugkaartjie betaal.. ‘n vriendin het 6maande in Bloemfontein by ou gaan kuier en braai en weereens het ek snuf gekry en toe sy sy nommerplaat laat nagaan het hy ‘n ander van en sy vrou woon in Pretoria en kom as huis klaar gebou is…. hulle speel op die alleen vroue se emosies en alleenheid. En ek belowe julle soms raak mens erger as erg alleen. Dank die Vader vir my oop kom anders was hy in die 18jaar vol duike en knoppe. En ja ek weet almal bid en vra vir ‘n maatjie, die duiwel luister in en stuur sy maatjies vir jou. Dink met jou kop, kyk met jou oë en as iets nie pluis voel nie dan is dit nie pluis nie…. Ek nou al 4 jaar getroud en kry nogsteeds die fb invites… ergste is ek sien van my fb vriende het hul versoeke aanvaar (friends in commen)…. Vra jouself af, waar kom die ou eweskielik aan my? En soms stuur hulle boodskappe op messenger ” jy het hulle oog gevang” en “kan sien jy is die persoon van hulle drome…. ens. Snert! Ontmoet op ‘n openbare plek. Geen persoonlike inligting!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.