Sewe in hof oor brand by Pongola-kerk

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense wat glo ʼn brand gestig het by ʼn kerk in Pongola in KwaZulu-Natal, het Vrydag in die dorp se landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 29 September uitgestel,” het Natasha Ramkisson, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die brand is gestig nadat die liggaamsdele van die vierjarige Kiki Ntuli op 6 Junie in ʼn plastieksak in die kerk opgespoor is. ʼn Huis is ook aan die brand gesteek.

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die seuntjie.

Die pastoor van die kerk (51) was aanvanklik in aanhouding in verband met Kiki se moord, maar hy is later vrygelaat sonder enige aanklagte. Die pastoor is later in die kattebak van die beskuldigde se motor opgespoor en is na ʼn hospitaal geneem.

Forensiese spesialiste het op 11 Julie nog beendere op die pastoor se eiendom opgespoor. Die polisie het ook ʼn skedel en geraamte by ʼn vrou se huis in Ncotshane ontdek.

ʼn Paar dae nadat Kiki se liggaam opgespoor is, het ontstoke inwoners van Pongola die brande by die kerk en die vrou se huis gestig.

Altesaam 15 mense is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en sou in die Ncotshane-landdroshof verskyn. Inwoners het toe egter die hof vermoedelik met ʼn petrolbom afgebrand.

Lees ook:
Man vas oor kind se liggaam in die kerk
Beendere gevind op Pongola-pastoor se eiendom
Liggaamsdele in kerk: Hof afgebrand
Pastoor vas oor liggaamsdele in kerk
Kind se liggaamsdele in kerk opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.