Sewe in hof oor Kaapstad-bordeel, afpersing

Argieffoto

Sewe mense het Woensdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn omdat hulle glo bordele bedryf het in Milnerton in Kaapstad.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het gesê Shantel Bridger (45), Juan Francois Warren (39), Camilla Amelia de Waal Rossouw (29), Fareez Allie (35) en Achmat Toffa (41) het saam met nog twee mense wat intussen aangekeer is omdat hulle met die beweerde sindikaat verbind kan word in die hof verskyn. Die twee is Deanne Collins (33) en Robin Reyneke (27), Bridger se seun.

“Die jongste inhegtenisnemings volg ná ʼn intensiewe ondersoek deur die Valke. Die verdagtes het almal saam in die hof verskyn en in dié stadium word verhoorreëlings getref,” het Ramovha aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het vroeër berig Bridger, Warren, De Waal Rossouw, Allie en Toffa is in Februarie in hegtenis geneem nadat daar klopjagte op verdagte eiendomme in Parklands, Tafelsig en Milnerton uitgevoer is.

Verdere ondersoek deur die teenmensehandel-eenheid van die Valke het onthul dat Bridger en Warren glo betrokke was by die afpersing van kliënte vir geld aangesien hulle glo die diens van sekswerkers van hul instellings gebruik het.

“Hulle het glo van 2012 tot 2015 byna R3 miljoen in die sak gesteek deur kliënte af te pers met die dreigement dat hulle beeldmateriaal van hul seksuele dade met die sekswerkers het en dit op sosiale media gaan plaas indien die geld nie betaal word nie,” het Ramovha gesê.

Hulle staan tereg op aanklagte van die onwettige bestuur van ʼn bordeel en afpersing. Bykomende aanklagte vir die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Swartkat ·

Eisch daar is ‘n paar manne en waarskynlik ook vrouens wat benoud is dat hulle name dalk mag uitkom en dat hulle lewensmaats en familie mag agterkom hulle nie so edel is of was soos hulle gedink het nie. he he

Justice ·

`n Gemene maar effektiewe manier om jou van `n bordeel probleem te genees.

karen ·

stem Swartkat, dis mos jare se probleem…. sit in die voorste gestoeltes met die wit gepleisterde gesigte en stywe lippe……

John ·

Alweer. Oee, ons lief stories oor bordele… diepsinnig en so leersaam veral noudat ons land ineenstort en ons boere in angs leef en ons taal nek-omgedraai word. Ons is lekke…

Swartkat ·

Ek glo daar is ‘n paar groot klante van die Kaapse bordele wat hulle lus vir sushi verloor het, vernaamlik nou dat die valke so ogie gooi in die bedrywighede. Daar kan nog diep dinge onthul raak en soos gewoonlik is so ondersoek nie sonder ongevalle nie.Ek dink na dese gaan ‘n paar statige manne en pelsjas dames met bleek gesigte sit, mag dalk ‘n diens of wat nie by die kerk wees nie !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.