Sewe jaagduiwels loop hul rieme styf

Argieffoto

Die hoëspoedeenheid van Ekurhuleni se metropolisie het die naweek sewe spoedvrate op die N12 tussen die Sam Green-brug en die Edenvale-afrit aangekeer vir spoedoortredings op dié stukkie deurpad.

Beamptes was Sondag van douvoordag tot 11:00 aan diens toe hulle die blitsige bestuurders betrap het dat hulle teen van 167 km/h tot 211 km/h gery het. Die voertuie waarmee hulle gejaag het, was ʼn Ford- en Toyota-nutsvoertuig, ʼn Opel-, Audi-, Ford- en Mercedes-Benz-sedan, asook ʼn Suzuki-motorfiets, sê Kobeli Mokheseng, waarnemende woordvoerder van die metropolisie.

Volgens beamptes het die verskonings wat die jaagduiwels aangebied het, gewissel van huis en kerk toe jaag tot laat wees vir ʼn hospitaalbesoek en ʼn resies. Die motorfietsryer wat teen 211 km/h aangekeer is, het gesê hy is laat vir ʼn motorfietsrit by Hartbeespoortdam.

Al sewe die oortreders is in die Bedfordview-polisiestasie van roekelose en nalatige bestuur aangekla en later op borgtog van R1 500 elk vrygelaat. Hulle sal na verwagting binnekort in die Germistonse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jakes ·

N minimum boete van R20,000 plus 2 jaar tronkstraf soweL as lisensie vr 5 jaar opgeskort moet in werking gestel word. N klag van poging tot moord sal n bonus wees. Sluit toe en gooi sleutel weg.

Anoniem ·

“Ja Ne”, is jy deel van die brigade wat dink hoe groter/duurder jou wiele is, hoe vinniger jy ry en hoe meer jy drink, hoe manliker is jy? Ek het nog nooit 140km/h gery nie – my verantwoordelikheidsin is groter as my ego.

Cassie Carstens ·

Ek verkeer dan onder die indruk dat sulke bestuurders ‘n sekere tyd aangehou moet word voordat hulle in die hof moet verskyn of ‘n borgtog kan kry? Of is die wet nognie bekragtig nie. Die mense wil net nie hoor nie. Dink hulle is bo die wet verhewe.

Posduif ·

Iets klink nie reg nie…. ‘n Toyota kan mos nie so vinnig ry nie. Klink maar vir my na n wolhaar storie.

Gerhardb ·

Jy’s reg Posduif.
Al manier hoe daai Toyota so vinnig kan ry is as hy ge-tow word deur n Ford.

Nettie ·

@Posduis en Gerhardb – ek wil nou net dieselfde vra van die “Opel” – watter soort Opel kan dan meer as 120 km/uur jaag?

En Cassie Carstens, wees bly jy ry nie saam met my soggens werk toe nie – my gemiddelde spoed in my Hyundai i20 is so 140 km/uur. En party keer is ek bietjie haastiger …….

Oupa ·

Nee jy is verkeerd gerhard al hoe daai toyota so vinnig kan ry is down a mainshaft

Nika ·

onthou net hoe voller julle die tronke wil hê met jaagduiwels en dronk bestuurders hoe minder plek is daar vir mense wat wat moor, roof en verkrag.

Jaco ·

Gerhardb dalk het die Toyota so vinnig gery omdat hy ver weg van n Ford Kuga wou kom :)
So ek neem aan almal wat kla oor die dronkbestuur en spoed oortreding wat hulle probeer stop sit, suip en jaag self rond.
Hoe moeilik is dit, drink by die huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.