Sewe jaar vir gru-ongeluk waarin 24 sterf

Nooddienste op die toneel waar die ongeluk destyds plaasgevind het. Foto: @trafficmap

Nooddienste op die toneel waar die ongeluk destyds plaasgevind het. Foto: @trafficmap

‘n Vragmotorbestuurder van Mpumalanga is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis na ‘n gru-ongeluk waarin 24 mense dood is.

George Mandlazi (33) is in die rondgaande hooggeregshof in Nelspruit gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 24 aanklagte van strafbare manslag en een van nalatige bestuur.

Mandlazi het verlede jaar tydens sy verhoor erken dat hy nalatig bestuur het en onopsetlik die dood van 24 plaaswerkers veroorsaak het toe sy vragmotor voor ‘n goederetrein beland het op 13 Julie 2012.

Mandlazi het 47 plaaswerkers tussen Malalane en Hectorspruit vervoer toe die ongeluk gebeur het. ‘n Totaal van 19 mense is op die toneel dood terwyl vyf mense onderweg na die hospitaal oorlede is.

Regter Nomsa Khumalo sê Mandlazi het roekeloos opgetree aangesien hy twee waarskuwingstekens geïgnoreer het voor hy die treinspoor oorgesteek het en ook nie gehoor gegee het aan die treintoeter nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.