Sewe ‘korrupte’ polisiebeamptes kry borgtog

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Sewe polisiebeamptes, wat tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal van miljoene rande, is vrygelaat op borgtog van R 5 000 elk.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder vir die Valke, het gesê lt.kol. LJ Dodo (48), lt.kol. TJ Mokhethi (48), konst. MP Motsoeneng(31), konst. MI Madumisa (37), konst. KI Sereco (37) en  Mpho Godfrey Selesho (35), ʼn finansiële klerk, is deur die Valke in hegtenis geneem en het Woensdag in die Bloemfonteinse handelshof verskyn vir bedrog, korrupsie en diefstal van oor die R5 miljoen.

Nog twee verdagtes is intussen Woensdag in hegtenis geneem. Konst. PG Sedio (35) en ʼn lid van die publiek is vasgetrek en het saam met die ander verdagtes verskyn.

Nkwalase het gesê die ondersoek het aangedui senior beamptes se persoonlike besonderhede is gebruik om vervalste eise in te dien vir onder andere maaltye en verblyf.

Die ongerymdhede het tussen April 2015 en September 2016 plaasgevind.

Die saak is uitgestel tot 3 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan ·

Dit is skrikwekend dat 2X van die aangeklaagdes Lt.kol poste beklee het.

Wys jou net hoe SLEG ons polisie skandeer en getoets word voor hul n pos kry.

fred ·

… maar druk nou net iemand in ‘n kis en gesels bietjie hard met hom, dan sit jy maande in die tronk en kry geen borgtog nie. Hel, iets is nie reg nie???

Skim ·

JA hoor, gee vir hulle borgtog, hulle kan mos niemand gaan beinvloed of bewyse en getuies laat verdwyn nie .. moet net nie vergeet van die DOODSKISMANNE wat nog nie verhoor is nie, en julle nie borgtog voor wou gegee het nie omdat julle kamstig bekommerd is oor hulle VEILGHEID? Grappie!

Jamie ·

Rotten to the core, en dan het hulle hierdie HOUDING aan hulle . hierdie meerderwaardigheid van ONS GAAN JULLE WYS … Wel ek hoop die REGSTELSEL wys julle hierdie keer .. maar ek het my bedenkinge ..

Piet Pompies ·

Ek wonder hoeveel werkstyd is opgeoffer om hierdie bedrog te pleeg….

Alida ·

Die vieslike skelms kry borg maar hulle ondersoek n eerlike SAP kommissaris. Walglik.

Skande ·

Jawat gee die KORRUPTE polisiemanne borgtog, NET nie die doodskis ouens wat van voor Kersfees af al daar sit nie .. DIS REGTIG SIEK!! Wat het van ‘n REGVERDIGE ONAFHANKLIKE REGSBANK GEWORD??? Hulle gaan ook niks oorkom nie .. hulle sit oormore weer terug op hulle poste . indien hulle nie bevorder word nie …

Smirre ·

Ek verstaan nie hoe kry hulle dit reg nie. Waar was die toesig en nasien van registers?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.