Sewe liggame in Germiston-nedersetting gekry

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die polisie het ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur ná sewe liggame Maandag in ’n informele nedersetting in Germiston, Gauteng, gevind is.

Volgens kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang oor ’n skietery vroegoggend in die Makause-nedersetting.

“Polisiebeamptes is na die toneel ontbied en het sewe liggame met skietwonde op verskillende plekke in die nedersetting gevind,” sê Makhubela.

Hy kon nie die geslag of ouderdom van die slagoffers bevestig nie.

“Die vermeende skieters se identiteit asook die motief is in dié stadium nie bekend nie.”

Volgens Makhubela is ’n saak van moord aanhangig gemaak vir verdere ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Shakespeare ·

Definisie van “ondersoek” in RSA SAPD. Stel ‘n onvolledige klagstaat op met tegniese foute en bêre dit tussen al die “verlore” dossiere in die SAP kantore vir “moontlike” argief materiaal.

Hennie J ·

Dis nou wilder as die wilde weste. Gelukkig our people se minister van polisie beskik klaar oor die nodige hooftooisel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.