Sewe lyke van babas in woonstel gekry

Argieffoto

Argieffoto

Die oorskot van sewe babas is onlangs in ʼn kamer van ʼn woonstel in Wallenfels, in die suide van Duitsland, gevind.

Die Bavaria-polisie het Vrydag gesê ʼn inwoner het die oorskot van die babas Donderdag gevind, nadat die vorige inwoner van die woonstel, ʼn 45-jarige vrou, uitgetrek het.

Die polisie is ontbied en het die oorskot van die babas in ʼn kamer gekry. Volgens die polisie kon die vorige inwoner nog nie ondervra word nie.

ʼn Forensiese ondersoek is van stapel gestuur. Volgens die verklaring gaan die ondersoek ʼn geruime tyd duur weens die swak toestand van die bewyse, maar uitslae behoort teen vroeg volgende week beskikbaar te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.