Sewe ontsnap uit polisieaanhouding

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Mpumalanga het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat sewe verdagtes Sondag uit die Volksrust-aanhoudingselle ontsnap het. Vier van die verdagtes is kort ná die voorval aangekeer, maar drie is nog op vrye voet.

Drie van die verdagtes waarna die polisie op soek is, is Paul Sambo (19), Mdudzi Khumalo (27) en Bongani Sithole (30). Die ander vier verdagtes wat reeds aangekeer is, is Thando Mavimbela (18), Siyabonga Mbatha (19), Phumlani Khanyi (27) en Nkosingiphile Zwane (34).

Die verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, waaronder roof, verkragting, die besit van dwelms, huisbraak en diefstal, sowel as die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sal die verdagtes ook teregstaan op aanklag dat hulle uit aanhouding ontsnap het.

ʼn Ondersoek is intussen begin om te bepaal hoe die verdagtes ontsnap het.

Die polisie wil lede van die publiek bedank wat inligting verskaf het wat tot die inhegtenisneming van die vier verdagtes gelei het. Die polisie doen ʼn beroep op die publiek, asook die familie van die drie ontsnapte verdagtes, om na vore te kom met enige inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Weer ontsnapte gevangenes en kyk die oortredings! Magtag elke week asof hulle sleutels het gggmmmfff. Pateties regtig verdomp onbekwaam en pateties

Misky ·

Gaan kyk maar net wie was aan diens. Hoe maklik is dit nie om uit SA tronke te ontsnap nie en asof hulle net uitstap

Pieter ·

Klomp jong born-frees. DIt gaan die gedrag van hulle bly. Sluit toe in n donker sel en hou hulle daar vir so 30 jaar of maklik gooi die sleutel net weg.

Di ·

Dis kommerwekkend hoveel jong kriminele daar deedsdae is. Rerig, 18 en 19 jaar oud? Watse opvoeding het hierdie jeug gekry dat hulle op so jong ouderdom al kriminele dade pleeg? Geen toekoms vir hierdie jongmense nie, opgesluit in tronk selle is hulle voorland.

ES ·

Deesdae so maklik om uit aanhouding te ontsnap – maar skuld nou die ontvanger bietjie geld….

pompies ·

Ja gaan ondersoek wie aan diens moes wees en die omstandighede waar onder die ontsnapping geskied het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.