Sewe ontsnap uit polisieaanhouding

Argieffoto

Argieffoto

Sewe verhoorafwagtendes het Sondagaand uit die aanhoudingselle van die polisiestasie op Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo ontsnap.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 23:00 plaasgevind.

“Alle omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Ledwaba gesê.

Twee van die verdagtes wat ontsnap het, is reeds weer vasgetrek. Die soektog na die ander vyf duur voort.

Die verdagtes se name, en waarvoor hulle in hegtenis geneem is, was nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tiger ·

In ‘n geval soos die behoord die poliemanne aan diens ook in hegtenis geneem te word.

Andre ·

Hulle maak aanhoudingselle nie meer soos lank terug nie; mens hoor al hoe meer van misdadigers in aanhouding wat ontsnap.

Joann ·

Wat anders kan mens verwag. Skaars begin as polisieman en kry rang wat vroeer jare eers gegee is na baie jare diens.

Gesiggie ·

Gaan ondersoek die wag… wat moes toesien dat so iets nie gebeur? of maybe het hy net vir n rukkie geslaap”oops en daar vlug die verhoorafwagtendes”’ klink te maklik, sal hierdie selle meer moet secure”sit n waghond voor die hek, hy sal beter toesig kan hou”

Lance ·

Gebeur nou elke week ….word wakker polisie julle slaap vas soos mense in die parlament

Lance ·

Gebeur nou elke week ….word wakker polisie julle slaap vas soos mense in die parlament .

Lance ·

Gebeur nou elke week ….word wakker polisie julle slaap vas soos mense in die parlament …

ou tannie ·

Miskien was daar n paar blou note in die brood vir die wag ipv n vyl

Boerin ·

Die polosoe moet dadelik foto’s uitreik sodat die publiek kan help kyk as hulle die verdagtes sien. Of is hul bang die verdagtes word gevang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.