Sewe onwettige immigrante vas ná ontsnapping

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Sewe van die agt onwettige immigrante wat in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal uit ʼn voertuig van die departement van binnelandse sake ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die ontsnaptes is nog op vrye voet. Die ander sewe sal nou van ontsnapping uit wettige aanhouding aangekla word.

Maroela Media het Donderdag berig die voertuig met die immigrante, wat in die proses is om gedeporteer te word, was onderweg na Pietermaritzburg toe hulle ontsnap het, vermoedelik deur die slot van die wa oop te breek.

“Die bestuurder, ʼn beampte van die departement, het opgemerk dat twee van die immigrante uit die bewegende wa spring. Hy het begin versnel om te verhoed dat meer mense uit die wa spring, maar moes spoed verminder toe hy ʼn tolhek nader. Die res van die immigrante het toe uitgespring en weggehardloop,” het Mbhele gesê.

Een van die immigrante is onmiddellik ná die ontsnapping vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lance ·

Wow 7 vas as daar seker 700 laaste week oor die grens onwettig die land binne gestroom het … wat n prysenswaardige prestasie !

Gretha ·

Well done. Could not have been easy to find them. Like looking for a needle in a haystack. Used to work at SAPS in Mooirivier. Know how difficult it can be to find someone in Bruntville

Nel ·

Lance, jy het n nul temin ingesit in joy syfer. Ek bly in Komatipoort en sien elke dag hoe hulle deur die grens drade klim in S.A in. Jammer om te se, ons polisie, imigrasie en die weermag kan nie die hordes hanteer nie en dan natuurlik is daar baie korrupsie .

N

Brick in the Wall ·

TYD om ‘n MUUR te bou. Vra vir Trump hoe beplan hy om daai Muur in Mexico te bou, tyd dat ons ‘n MUUR bou tussen ZIM en SA, hulle het hulle keuse gemaak, hulle wou graag daar stem en daar bly en wit boere hierheen verjaag, nou volg hulle die wittes hierheen .. BOU ‘n MUUR en bewaak hom ..

Jane ·

Dit sal altyd vir my VREEMD wees hoe mense uit Afrika (waar hulle demokraties hulle stem kon uitbring) en gehelp het om wit boere van hulle plase te verwilder SA toe vlug en hier verder kom moeilikheid maak en dan ook baie kriminele dade pleeg. Hoekom hol hulle alweer weg as hulle geporteer word, hulle verdien dan in SA en vat al die geld na buurlande vir hulle families, so eintlik is hulle lande nogsteeds vir hulle ‘n aanvaarbare woonplek? AS jy uit Mosambiek of Zimbabwe kom, beteken dit jy het die REG gehad om vir ‘n swart regering te stem waarna jy al die jare uitgesien het, jy het die REG gehad om ‘n plasie/grond/huisie te kry, want dit is wat aan jou belowe is . WAT SOEK JY IN SA??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.