Sewe oud-polisiebeamptes gevonnis oor korrupsie

(Foto: SA Polisie)

Sewe voormalige polisiebeamptes is gevonnis op aanklagte van korrupsie, swendelary en oortreding van die Immigrasiewet, het die Valke Donderdag gesê.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die mans is Woensdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis.

“Die beskuldigdes, sers. Philemon Moloi (32), konst. Amos Khala (33), konst. Gert Thithi (37), konst. Dumisane Matobako (35), konst. Vincent Mokhitli (37) en konst. Abel Malefane is skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van swendelary, 12 jaar op aanklag van korrupsie en 12 maande vir oortreding van die Immigrasiewet.

“Die sewende verdagte, konst. Mathoto Edith Qasha (35), is ook skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van swendelary, ses jaar op aanklag van korrupsie en 12 maande tronkstraf vir die oortreding van die Immigrasiewet,” het Steyn verduidelik.

Die mans se aansoek om verlof tot appèl is afgekeur.

Die voormalige polisiebeamptes is twee jaar gelede in hegtenis geneem. Die marathon-hofsaak het uiteindelik op 11 Oktober vanjaar tot ʼn einde gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Stem saam miskien moet daar vasgestel word hoeveel Suid Afrikaners daar is in die polisie mag lyk my daar is n paar van Zim, Mosambiek en ander volks vreemdes in die diens van SAPD

colleen ·

En sekerlik het hulle tot vonnisoplegging volle salaris verdien, asook voordele en bonusse???

Bevordering ·

Die beste is dat hirdie persone al bevordering gehad het. Wie is so blind om hul te bevoder. Gaan lunch liewer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.