Sewe plaasaanvalle: Premier moet ingryp soos by Coligny

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes (12 Mei 2017) Foto: ANA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n beroep gedoen op Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, om by die vlaag van plaasaanvalle in te gryp wat dié provinsie teister, soos wat hy vroeër by Coligny gedoen het. Dit volg nadat daar in die afgelope vier weke sewe plaasaanvalle in dié provinsie plaasgevind het.

Mahumapelo het ná die dood van die sestienjarige Matlhomola Mosweu vroeër vanjaar ’n politieke toespraak in Coligny gehou waar hy wit rassiste vir Matlhomola se dood blameer het. “There is no confusion at whose hands did Matlhomola lose his life. He was in the hands of South Africans who are Afrikaners in Coligny,” het hy gesê.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die golf van plaasaanvalle wat die provinsie teister Mahumapelo se ingryping vereis. “Mahumapelo se stilswye oor hierdie kwessie tot op hede kan maklik die indruk skep dat hy hom nie aan plaasaanvalle steur nie, moontlik omdat die slagoffers wit is, of moontlik omdat die oortreders nie Afrikaners is nie,” het Roets gesê.

Die volgende plaasaanvalle is in die afgelope vier weke in Noordwes gepleeg:

• 14 April 2017 – ’n plaasaanval te Ottosdal
• 5 Mei 2017 – ’n aanranding op ’n plaas te Leeudoringstad
• 9 Mei 2017 – ’n aanranding op ’n plaas te Wolmaransstad
• 16 Mei 2017 – ’n moord en poging tot moord op ’n plaas te Sannieshof
• 30 Mei 2017 – ’n plaasaanval te Basfontein/Derby
• 2 Junie 2017 – ’n verkragting op ’n plaas te Sannieshof
• 4 Junie 2017 – ’n aanval op ’n plaas te Koperfontein/Derby

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

al ·

Mnr. Supra moet herinner word dat ons in ñ demokratiese land bly waaronder ALLE burgers regte het om beskerm te word.

Johan. H. ·

Moennie jul asems ophou nie , Hy is n zuma cronie…Oog vir n oog

Stem maar weer ANC ·

Lag ek my nou amper in n ander bloedgroep in. Die Premier sal absoluut niks sê oor plaasaanvalle nie want dit is sy stemme wat dit doen.

John ·

Die hele gebied is geoormerk vir Zuma se mega-landbouontwikkeling waar duisende swartboere glo gevestig moet/gaan word. Hierdie aanvalle is nie toevallig nie. Boere word aangeval en verdryf. Plase word goedkoop verkoop of staan later onbewoon ~ so word gehoop. Die regering gaan niks doen om te help nie.

susan van zyl ·

Daar was Sondag 4 Junie ook ‘n aanval op mnr en mev Tobie en Carien Welding op hul plaas naby Makwassie.

Nita ·

En die regering voel n veer oor die terroriste aanvalle op die plase. En ons president se hehehehe!

Annette Stander ·

Hoekom sal Mnr Premier iets doen? Hy voel vere want dit is swart op wit! Hy blaas dit nog aan met sy haatspraak en geen haan kraai daarna nie!

Callie ·

Hulle wil praat oor geweld teen vroue en kinders. Wat van swart geweld teen ou mense, wat boere genoem word. Pateties, geweld teen wit is aanvaarbaar. Net n verkeerde woord teen swart is onaanvaarbaar. Asb Maroela, begin die waarheid versprei

hannes marais ·

snaaks dat die aanvalle meer raak na die byeenkoms van die brit angus buchan op bloemfontein……dont fool GOD….

Wollie ·

Ek stem Hannes. Ons moet eerder fokus op ons Vader as op valse profete.

Karmi ·

Nog ‘n stem vir jou Hannes. Iemand wat na elke sin wat hy “preek” lag – daar is ‘n groot valsheid daar te bespeur! Net omdat hy op ‘n perd in die veld sit val duisende wit afrikaners vir hom.

Veritas ·

Daar is hope jong Afrikaner mans wat sonder werk sit. Baie van hulle sal, teen nominale betaling, belangstel om sekuriteitswerk op plase te verrig. ‘n Plekkie om te bly en ‘n bord kos per dag sal vir baie haweloses soos manna uit die hemel wees. Dit hoef nie noodwendig ‘n wagstaan pos te wees nie maar die blote teenwoordigheid van meer mense op die plaas sal hierdie lafaards twee keer laat dink. Uit die aard van die saak sal applikante darem eers goedgekeur moet word.

Paul ·

Dink jy regtig so?

Hoeveel is die “nominale betaling” wat jy in gedagte het wat iemand sal oorreed om ver weg van sy vriende te gaan bly en sy lewe te gaan waag as sekuriteitswag?

Bernard Jacobs ·

Agge nee Veritas, om sulke mense bloot as liggame op ‘n plaas te hê dien as GEEN afskrikmiddel aan enige van hierdie aanvallers nie. Hierdie aanvalle word baie deeglik beplan en uitgevoer so voordat hulle toeslaan weet hulle in elk geval reeds van hierdie ekstra “siele” en werk daarvolgens. As dit nie goed-opgeleide, goed-betaalde en gemotiveerde mannetjies is nie, sal dit ook nie werk nie.

Nico ·

Goeie idee Veritas! Dit word reeds geïmplementeer op tweede plase waar opstalle leegstaan. En werk goed. Die plaasaanvallers is gewoonlik lafaards wat oumense aanval. Sal nie sommer fris jongmanne aanvat nie.

oumie ·

Veritas presies wat ek try sê die afgelope paar maande ek is seker hul kan by ons wit plakkers kampe n paar goeie mense wat bereid sal wees vir so n pos vind

al ·

Ek sien niks fout met Veritas se idee nie. Inteendeel, dis ñ goeie idee.

Kevin ·

Waar is die DA…..o ja hulle worry oor n uitlating wat 1 wit persoon gemaak het op sosiale media, hulle kan nie betrokke raak by MOORDE op witmense nie, wat sal DA se ondersteuners sê?

Akademi Buktu ·

Dan is dit boonop kinderagtige reaksie op die uitlating. Moesie Markannie se stilswye sê veel.

Neels ·

Veritas dit is ‘n goeie plan want so kan hierdie jong manne ook leer oor boerdery. Verniet verblyf en kos en ‘n voertuig wat die plaaseienaar moet verskaf – ‘n ou bakkie of iets sodat die jong manne gereeld die grensdrade ens kan patrolleer en in die aande die huis patrolleer. Die jongman moet dan ook ‘n salaris kry sodat hy iets kan spaar en ‘n lewe kan lei wanneer hy nie op diens is nie.
Daar is dan nog ‘n siel op die plaas wat die gemors kan afsit om aan te val. Ons mense moet na onsself kyk.
Daar is dalk nog beter voorstelle as Veritas sin. Maar dis ‘n baie goeie begin en uitstekende idee Veritas.

PvZ ·

Ek het al baie gewonder oor “sterk bewoorde brief”, en “ons sal nie toelaat dat…”. Dit laat my baie dink aan ‘n skoot hondjie wat blaf. Niemand is bang vir hulle nie. Op die meeste is dit dalk ‘n irritasie. Ek dink dit is wat ons Afrikaners geword het. Op die ergste, ‘n irritasie vir Zuma. Ons sal êrens moet ophou blaf, en begin byt.

Peet J ·

Die regering sal dit verwelkom sou die werklosemans met hulle families op plase sekuriteitswerk gaan verrig want dan kan die Afrikanervolk nog vinniger uitgeroei word.
Sekuriteitspersoneel moet eers opleiding ondergaan volgens verskillende grade en word dan geregistreer as ‘n diensverskaffer by die “Private Security Industry Regulatory Authority” Alleenlik ‘n graad A sekuriteitsbeampte mag ‘n vuurwapen hanteer.

Johan v H ·

Daar was nog n aanval in die Noord Wes gister aand 5/6/2017 gelukig was niemand beseer. Ek is nie n DA of Helen Zille ondersteuner nie, maar hoekom het Afriform nie so bohaai gemaak by die ANC oor Supra se Rasistiese uit sprake, soos die ANC oor Zille se tweets. Dit is maar net duidelik dat wit mense altyd it gekry word as rasiste maar duidelike rasisme soos die van Supra die Premier van die Noord Wes maar net so nou en dan in die Media op gebring word. Hoekom vra Afriform nie ook dat die ANC Supra moet aankla vir sy rasistiese uitsprake, soos wat hul met Zille gemaak het. Begin Zuma se klein “misdadigers” uit die weg ruim?

Eish ·

Ek dink jy moet hul self vra. As jy nie lid is nie, hoekom vra jy? Dis nie n politieke organisasies nie, dis n Burgerregte organisasie wat meer as hul kant bring.

Vlooi ·

Dit sluit nie die plaasaanval buite Bloemhof in Noord wes in nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.