Sewe polisiebeamptes vas oor bedrog in Gauteng

Argieffoto

Argieffoto

Sewe beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is Dinsdag in Ekurhuleni in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en korrupsie.

Die sewe beamptes, vyf van Rabierif-polisiestasie en twee van Benoni-polisiestasie, is in die oggend by hul onderskeie werksplekke deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem.

Die persone het na bewering vervalste reiseise ingedien ter waarde van R50 000 tussen Maart 2014 en Maart 2015.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag die inhegtenisnemings verwelkom en gesê dit stuur ʼn sterk boodskap aan ander beamptes dat die provinsie nie korrupsie verdra nie. “Ek loof die SAPD dat hulle dié individue in hegtenis geneem het en dat hulle in hul spoor gestop is om die staatskas te beroof.”

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie, maar die polisie is ook op die spoor van ʼn agtste verdagte wat nie tydens die inhegtenisnemings by die werk was nie.

Nkosi-Malobane het gesê hulle verwag die agtste verdagte sal homself binnekort aan die polisie oorgee.

Die sewe beamptes sal na verwagting Woensdag of Donderdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andre ·

Sake van korupsie tussen die mense wat verantwoordelik is vir reg en geregtigheid kry minder aandag en/of straf as “rasistiese” uitlatings op PRIFATE facebook… En dan is dit selfs ongegronde uitlatings. Julle span die wa voor die os mense…

Jan ·

As dit so gaan in die geledere van diegene wat wet en orde moet handhaaf……korrup, skelm, onbetroubaar, noem maar op, die lys is nimmereindigend.

emo ·

en na n opgeskorte vonnis en ontslag word hul deel van ander kriminele oortrdings hul het mos nou ooleiding

Alida ·

Dit is omdat daar lede aangestel is wat nie deur die keuringsproses en behoorlike opleiding gegaan het nie. Enige een kan nou ‘n SAPD lid word. Dit is mos werkskepping. Kyk maar na die gesondheidssorg. Die meeste van die verpleegsters “werk” net in die staatshospitale en het nie ‘n idee oor hoe om siek mense te behandel nie, het nie ‘n idee van higiëne nie. Iemand sal moet ingryp en hierdie instansies red van totale ondergang. Maar nou-ja die “hoof” van die land is self korrup en skelm.

lw ·

Ek stem dat die staatsdiens aangewend word vir werkskepping en dat hul bevooroordeeld is en regstellende aksie toepas sonder om werknemers behoorlik te keur. Baie sit onproduktief, is te lui om hul werk te doen en wag vir maandeinde se salaris. Dankie vir die klein groepie wat nog werksetiek het en n verskil probeer maak.

Topster ·

Dit gaan nie meer oor trots op my werk nie dit gaan ek sal enige werk doen om net n salaris te kan kry .Dit is wat die land teen gronde bring en dit gaan net erger word.Kortupsie is aan die orde van die dag

CAROL ·

DIS HOEKOM ONS LAND SO IS ….. MEESTE SKELMS IS IN DIE POLISIE

snoefie ·

R50 000 elk of gesamentlik? mense dis mos peanuts. stuur hulle maar op reis. baie goedkoper asR256miljoen (sic) sekuriteits-opgradering of 743 kriminele of ekskuus presidentiële klagte wat oor die hoof gesien word on raak te kan sien dat volkskas NP geld gejry het om ABSA te word.

bekommerd ·

Hier lees ek nou die tweede berig van die swak personeel in diens. Ja ons is al gewoond hieraan. Hoekom ek my tyd mors om kommentaar te lewer weet ek nie, maar ek vertrou julle glad nie, al word wat gesê. Ek kan jou net vertrou as ek jou sien. Jul diensneming is uiters swak kwaliteit mense. Maar nouja, wie lei die land?

Akram ·

Ek haal my hoed af vir die dienende lede wat onder sulke omstandighede nog steeds werk. Die probleem is dat lede wat misdaad pleeg die res van die Polisie se naam deur die modder trek. die persone wat huleself skuldig maak word nie weer van gehoor nie. Die publiek sien nie dat slegs enkeles is nie maar almal word onder die selfde kam geskeer. Soos n persoon reeds genoem het, dis nie meer n roeping vir baie nie. Dis net om te se ek het n werk. Daar is baie lede wat nog trots het in hulle werk ongeag ras of geslag. Daar is nog wat met trots se dat hulle n lid van die SAPD is. Sonder hulle sou dit lankal meer slegter gegaan het. Ek bedank elke lid wat sy deel doen. Die wat tuisbly, se dankie elke keer wat n geliefde veilig terugkeer na n skof aan diens.

lw ·

Trots op die polisiebeamptes wat hul werk gedoen het deur korrupsie te ontbloot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.