Sewe se skietdood in Wes-Kaap ondersoek

(Foto: Netcare 911)

Die polisie in die Wes-Kaap het ’n 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel nadat sewe mense Woensdagmiddag in Gugulethu doodgeskiet is.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is vyf mense op die toneel dood terwyl twee mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Kenners het die toneel gefynkam op soek na leidrade. Die onbekende aanvallers het na die skietery in ’n voertuig van die toneel gevlug.

“Volgens berigte het die slagoffers ’n tradisionele seremonie bygewoon voor die skietery plaasgevind het.”

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê polisiespanne is reeds besig om verskeie leidrade op te volg. “Die spanne sal deurnag werk om die skuldiges te probeer opspoor,” het Patekile gesê.

Die slagoffers se name en ouderdomme sal bekend gemaak word sodra al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is. “Die motief vir die moord moet nog vasgestel word.”

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici kort na 17:00 na die toneel ontbied.

“Dit blyk dat die slagoffers op teregstellingwyse geskiet is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Werner ·

Men’s hoor net altyd vd verskriklike aksie planne maar nooit dat iemand gevang is nie

Anoniem ·

Genade daar is regtig nie meer woorde vir al hierdie moord en misdaad wat tans plaasvind nie, en die
regering en eerlike opregte opgeleide polisielede skittier in hul afwesigheid

Die Boerepompie ·

Daai moet n hit gewees het .Hoekm sou hulle sommer op hulle geskiet het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.