Sewe sterf in botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Sewe mense is Donderdag dood na ʼn trompop-botsing tussen ‘n vragmotor en ʼn bakkie op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal.

Kwanele Ncalane, ʼn woordvoerder van die provinsie se departement van vervoer, het in ʼn verklaring gesê die ongeluk het naby Kokstad plaasgevind.

Volgens Ncalane het die vragmotor glo uitgeswaai om ʼn botsing met ʼn aankomende voertuig te vermy, toe die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor en die bakkie getref het.

“Die oorledenes was almal insittendes van die bakkie,” het Ncalane gesê.

Twee mense het ernstige beserings opgedoen en drie mense is matig beseer.

Willies Mchunu, die LUR van vervoer, het motoriste aangemoedig om altyd paraat te wees. Hy het gesê met die naderende Paasnaweek gaan baie meer verkeersbeamptes op die snelweë wees vir verhoogde sigbaarheid en spoedbeheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.