Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê een persoon is ernstig beseer terwyl die vragmotorbestuurder ongedeerd van die voorval afgekom het.
Kwanale Ncalane, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het gesê die botsing het op die R34 tussen Dundee en Vryheid plaasgevind. “Die bestuurder van een van die voertuie het glo ʼn ander voertuig probeer verbysteek terwyl daar ʼn voertuig van voor af gekom het.”
McKenzie het gesê sewe mense is op die toneel dood verklaar, insluitend twee tieners. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Ai Ai dit is So Onnodig. Die mense misgis hul afstande en vat onnodig kanse. Ry eerder stadig, beplan jul roete en laat genoeg tyd om veilig by jul bestemming aan te kom. Neem in ag dat geen swaarvoertuig onmiddellik of vinnig tot stilstand kan kom veral as hul swaar vrag sleep nie. Mense wil altyd die vragmotors en Vrag Verskuiwings Tegnikuste die skuld gee. Dit is 9 uit 10 nie hul skuld nie. RIV en Sterkte aan die Geliefdes
Mense gee nie om of daar n ander motor van voor af kom of nie jy moet maar van die pad af as jy nie in n botsing wil wees nie. . Vrag motors kan nie so maklik stop soos n motor nie so gee genoeg tyd vir die vrag motor .. RIP . sterkte vir die families
Innige simpatie…
So hartseer innige simpatie aan die families en vriende
Die persoon wat verbygegaan het terwyl motor v voor af kom is skuldig aan moord want hy/sy het geweet wat hul doen. Dis altyd n probleem en gewoonlik die onskuldige party wat sterf