Sewe sterf in brand

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Koster, Noordwes, het ʼn verdagte in hegtenis geneem nadat twee vroue en vyf kinders in ʼn brand gesterf het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 00:35 na die Reagile-township naby Koster ontbied ná berigte dat ʼn plakkershut aan die brand is. Met die polisie se aankoms op die toneel is hulle meegedeel dat daar steeds mense in die brandende plakkershut is.

Die nooddienste is ook na die toneel ontbied en die brand is geblus. Die oorskot van twee vroue en vyf kinders is in die puin gevind. Volgens Hlathi was die kinders tussen twee en 15 jaar oud. Die een vrou was in haar 70’s en die ander vrou in haar laat 30’s of vroeë 40’s. Nog drie mense wat in die plakkershut was toe dit aan die brand geraak het, kon daarin slaag om te ontsnap.

Hlathi het intussen bevestig dat ʼn 49-jarige man in hegtenis geneem is en op sewe aanklagte van moord tereg sal staan. Die verdagte is glo ʼn ekskêrel van een van die bejaarde vrou se kleindogters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

Hier is weereens ‘n bewys dat kulture verskil my kultuur sorteer ons nie alles waarvan ons nie hou of saamstem met vuur uit nie,ons steek net die braai vuur aan.

Nico Strydom ·

Dagsê Wiskundige
Daar het ‘n foutjie ingeglip maar die berig is intussen gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Chris W ·

Dis hoe hul kultuur werk.Maak dood wie jy nie van hou nie.Mooi man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.