Sewe sterf in gru-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense is dood toe ʼn vragmotor en ʼn bussie Saterdagaand omstreeks 22:45 op die R101 tussen Pienaarsrivier en die Ga-Maubane-afrit in Limpopo gebots het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê sewe passasiers in die bussie is op slag dood toe die voertuig reg van voor met die vragmotor gebots het. “Die vragmotor het ʼn swaar vrag agterop gehad en het in ʼn noordelike rigting gery. Die bussie het in die teenoorgestelde rigting gery,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die bestuurder van die bussie ernstige beserings opgedoen, terwyl twee mans wat in die vragmotor was ongedeerd is. Hy het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Ngoepe het gesê die identiteit van die oorledenes moet nog vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Buitestander ·

Ek vertrou ook die bestuurders se lisensies word nagegaan om te hepaal of dit nie gekoop is nie.

Gert ·

Was die bussie nou weer ʼn taxi wat geen ag slaan op pad reëls en verkeersregulasies nie? Ek kry regtig die mense jammer wat uitgelewer is aan sulke arrogante padgebruikers

Johnny Myburghjohnny ·

Dannie tog! Ek kan nou so n bietjie Afrikaans nuus lees in N.Z! Groete!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.