Sewe sterf in gru-botsing

Die Uno se wrak. Foto: Verskaf

Sewe volwassenes is dood en vyf mense kritiek beseer in ʼn trompop botsing Donderdagaand in Mpumalanga.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het Vrydag aan Maroela Media gesê die botsing, tussen ʼn Opel Corsa en ʼn Fiat Uno, het op die D3933-pad naby Brooklyn, noord van Bosbokrand, plaasgevind.

“Die twee ligte voertuie het mekaar reg van voor getref. Dit is nog nie duidelik wat tot die botsing gelei het nie, maar dit word ondersoek,” het Mmusi gesê.

Volgens Mmusi was daar vyf mense in die Uno en sewe in die Corsa ten tyde van die botsing.

“Al vyf mense in die Uno sowel as twee passasiers van die Corsa is op die toneel dood. Dit is ses mans en een vrou,” het hy gesê.

Vyf mense het kritieke beserings opgedoen en is deur nooddienste na die Tintswalo-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die ongeluk en of oorlaaiing ʼn rol gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Ek ry n Corsa en 5 mense sal swaar sit maar 7 is verregaande!

Gys ·

Dan is daar 13 mense dood in die ongeluk want jy kom nie lewendig uit tintswalo uit nie. Geen behoorlike mediese support en geen dr nie net 1 kubaan wat na almal moet kyk.
En van die swaakste en erg vervalle hospitale wat geen diens lewer nie.

Fataal ·

Trompop-, U-draai- en T-been (T-bone) ongelukke is uiters geweldig en meeste gevalle gepaardgaande met sterftes en verminkings. Tog is dit so dat by verre die meeste hiervan vermy kan word. Sou vervalste bestuurslisensies ook betrokke wees by hierdie soort ongelukke?
Ek sien ‘n sperstreep op die foto (nie aan die Uno se kant) en na alle waarskynlikheid het die Uno so ver as moontlik na links uitgeswaai tot teen die padreling.
Dalk is dit tyd vir nog ‘n padreël dat die een wat oortree maar die buiteveld moet opsoek terwyl die ander sy reg behou op sy deel van die pad? Dis wat ek gedoen het terwyl die dubbelkajuit die veld moes kies. Dit was vir hom ook ‘n linksdraai met ‘n sperstreep, wat in sy kop aangegaan het sal ook hy nie weet.
‘Donderdagaand’ (?) terwyl die skadu van die Uno wys dat dit in die middag was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.