Sewe sterf in gru-botsing op N1

Sewe mense het in die ongeluk omgekom (Foto: Limpopo Department of Transport and Community Safety, Facebook)

Sewe mense is Maandag dood toe ʼn kombi en ʼn Hyundai-motor op die N1 tussen Polokwane en Mokopane gebots het.

Volgens Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, het die Volkswagen Kombi reg van voor teen die Hyundai gebots. Hy sê daar word vermoed dat een van die bestuurders beheer verloor het en dat dit tot die kop-teen-kop-botsing gelei het.

Die ongeluk het op die N1 tussen Polokwane en Mokopane gebeur (Foto: Limpopo Department of Transport and Community Safety, Facebook)

“Daar was ses mense in die sedan en die slegs die bestuurder in die kombi,” bevestig Maringa.

Volgens Maringa is daar met dié ongeluk inbegrepe altesaam 15 mense sedert Vrydag op die provinsie se paaie dood.

“Motoriste word aangeraai om versigtig te bestuur en by die spoedgrens te hou.”

Die N1 naby Oorlogsfontein is net ná 15:00 gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Yvonne ·

Mense word gemaan om versigtig te bestuur……mense luister dood eenvoudig nie…elkeen maak soos hy wil…dissipline ontbreek…..duur prys om te betaal…hoe tragies het alles nie geword nie

Racheltjie Debeer ·

Wetteloosheid seëvier in ons land, want die verkeerspolisie is eenvoudig te sleg en korrup om wet en orde te handhaaf. Hulle skitter meestal in hul afwesigheid en wanneer hul wel opdaag, kan hul doodeenvoudig omgekoop word.

Tiptol ·

Dis tyd dat daar weer sulke wrakke langs die snelweë gesit word met Arrive Alive tekens. Dat dié wat nie glo nie, kan sien wat spoed en onverskillige bestuur doen.

Jeffrey ·

Ja ek onthou nou as kind in die vroë 90’s het arrive alive so n nare wrak langs die snelweg gesit by die Marian hill tol plaza in Natal om motoriste te wys hoe aaklig n ongeluk wel is.

Andre ·

Dis tyd dat fotos en videos gepubliseer word van voertuie wat ander verbysteek op gevaarlike plekke. Maar human rights sal seker kapsie maak.

Tanniepetoors ·

Lyk op die oog af of die taxi die onskuldige party was. Ongeduldige, onbedagsame, onbekwaamde bestuurders wat nooit lisensies moes gekry het nie veroorsaak soveel hartseer en ellende vir sovele.

Jeffrey ·

n Mens sal nie kan sê of spekuleer sonder dat n mens dit sien gebeur het nie, hoë impak botsings soos hierdie kan veroorsaak dat die motors swaai in teenoorgestelde rigtings van die geweldige fors. Die bussie se band kon ook gebars het, indien beide motors teen 120km/h beweeg het sonder om te rem is die moontlike uiteinde skade soos in die geval van hierbo.

Miskruier ·

Alweer op n soliede streep, gister op R101 ook, die mense gaan verby op plekke waar hul nie mag nie.

Charl ·

Versigtig bestuur, hou by die spoedgrens…holrug geryde refrein ! Mense gee nie gehoor daaraan !!

Andries ·

Waarom word die minibussies nog vervaardig. Almal weet hul is die oorsaak van die meeste sterftes. As daar met enige ander voertuigmaak gedoen was, was sy vervaardiging lankal gestaak.

Ek kan ·

Regtig? Het jy al ooit daaraan gedink dat bestuurders die meeste kere die oorsaak van ‘n ongeluk is, en nie die voertuig nie?

Danie ·

Ry af en toe daardie pad. Het self ‘n keer of wat dit onder vind, maar ek verstaan dat nie die uitsondering is nie, dat wanneer daar voertuie in beide die bane in een rigting is, sommige sommer die teen rigting baan ‘n derde baan in dieselfde rigting maak en sommer net verbygaan. Dit maak blykbaar glad nie saak dat dit twee bane in een rigting en twee bane in ander rigting is nie. Die mentaliteit is: “Jy sal pad maak want ek wil en sal nou verbygaan.” Padveiligheid is blykbaar net vir intelligente mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.