Sewe sterf in gru-ongeluk

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Sewe mense is dood en nege beseer in ʼn botsing Woensdagoggend naby Musina in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor het omstreeks 05:00 teen mekaar gebots op die N1 tussen Musina en die Beitbrug-grenspos.

Volgens Otto is sewe mense op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Otto het gesê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek met die moontlikheid dat aanklagte van strafbare manslag aanhangig gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Landie ·

ALWEER ‘n taxi en ‘n trok? Wonder watter een van die twee was onpadwaardig? Regtig, dit is nou besig om te ontaard in ‘n ernstige situasie met trokke en taxi’s op ons paaie. Hulle is die grootste oorsake van ongelukke en lewensverliese. Hoog tyd dat die regering iets aan altwee begin doen.

Debs ·

WEEREENS ‘n Taxi …. en ‘n trok!!!! WAAR was die verkeers beamptes? Ek voel so jammer vir die taxi passasiers as ek sien hoe roekeloos die taxi drywers is …. Ek hoop hulle bring ‘n beter bus diens in dat die taxis van die paaie af verwyder kan word…..
Sterkte aan die slagoffers se familie en vriende.

Gerrie ·

‘n Taxi en ‘n trok betrokke, wie sou dit nou nie kon raai nie. Die twee grootste oorsake van padsterftes op ons land se paaie. Taxi’s en trokke wat onpadwaardig is, of jaag asof hulle betaal word. Trokke wat so vinnig ry, dat jy nie eers behoorlik verby hulle kan gaan nie. Of twee van hulle stop langs mekaar by ‘n robot sodat al die verkeer agter hulle ophoop. Ek dink taxi’s en trokke se bestuurders moet jaarliks vir hulle lisensies getoets word.

Leonie ·

So ongeduldig soos taxi bestuurders is en dink die pad behoort aan hulle verbaas dit my gladnie. Sterkte aand die families van die afgesterwenes! Net jammer dat mense ongelukkig taxi’s moet gebruik want hulle het nie ander vervoer nie. Hulle moet bietjie almal op advance driving skills gaan. Weet ook nie eers of dit sal help nie.

Ina ·

Dis nie net taxis en vragmotors wat onverskillig is nie.
Ons was oppad terug van Bela-Bela verlede naweek, en al wat leef en beef gaan op die geel streep verby. Hoe later hoe kwater, toe is daar sommer al twee ekstra rye voertuie in die “geel baan en langsaan”. Ek moes amper twee ure wag om die Rustenburg afrit te neem omdat die ouens wat in die “geel baan” gery het, my verhoed om die afrit te neem. En daarna, terwyl ek toe oppad was Brits toe, toe flikker ‘n Polo agter my ligte dat ek moet oor beweeg in die geel baan sodat hy kan verby gaan – kan jy glo : so verwaand!! Hy gaan toe verby met ‘n spoed wat skrik vir niks

Peet Schabort ·

Ja-nee Ina, GEDULD is NUL op ons paaie en so ook verkeersmense.

vlinder ·

Die families van die persone wat gesterf het is in my gebede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.