Sewe sterf in KZN-huisbrand

Ericaweg, Chatsworth (Foto: Google Earth)

Ericaweg, Chatsworth (Foto: Google Earth)

Sewe mense is dood nadat ʼn brand Vrydagoggend in ʼn huis in Chatsworth, KwaZulu-Natal, uitgebreek het.

Brandbestryders het die brand in Ericaweg geblus. “Owerhede sal die oorsaak van die brand ondersoek,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, gesê.

Bongani Tembe, provinsiale woordvoerder van die ANC, het gesê ʼn gassilinder het vermoedelik omstreeks 04:00 in die huis ontplof. Die owerhede kon dit nie bevestig nie.

Ncumisa Fandesi, woordvoerder vir die LUR van maatskaplike ontwikkeling, het gesê vyf gesinslede en ʼn huishulp en haar kind het in die brand omgekom. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.