Sewe sterf in Limpopo-botsing

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Sewe mense is dood en nege mense is beseer in ‘n botsing reg voor op die R37 buite Polokwane, Limpopo.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê ‘n minibustaxi en ‘n motor het reg van voor gebots. Die minibustaxi het kinders vervoer.

Steinmann sê sewe mense is dood, agt ernstig beseer en een persoon is kritiek beseer. Sy sê ‘n helikopter is gebruik om die kritiek beseerde persoon na ‘n hospitaal te neem vir dringende mediese behandeling.

Steinmann sê die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Demokraat ·

Dit klink al soos ‘n refrein wanneer mens van ‘n motorongeluk of verkeersoortreding hoor, naamlik “‘n taxi of minibus-taxi was betrokke” of “die voertuig was oorlaai” of “die bus se vervoerpermit of padwaardigheidsertifikaat het verval” .

Maar die ANC-owerheid is meer begaan oor tolpaaie as oor die toestand van paaie, die hoë ongeluksyfer of die vaardigheid van motorbestuurders.

Trippie ·

By my bestaan daar geen twyfel dat die taxi-bestuurder die skuldige party is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.