Ses vroue en ʼn man is Sondagmiddag in KwaZulu-Natal oorlede toe die minibus, waarin hulle gery het, die pad verlaat en ʼn boom getref het.
“Drie persone het kritieke beserings opgedoen en vyf persone is ernstig beseer,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, gesê. “Hulle is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die ongeluk het in die Ntunjambili Sambaba-gebied van die Ilembe-distrik plaasgevind.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.
“Ons innige meegevoel aan die slagoffers se families, en ons wens die pasiënte ʼn spoedige herstel toe,” het Mckenzie bygevoeg.
Wat kan ‘n mens sê? Ek het gister weer in Kerkstraat in Petoorsdorp afgery, in die ringing van Silverton, die totale gebrek aan respek vir padreëls en ander padgebruikers is totaal en al skokkend.
Die gedeelte wat ek nie kan klein kry nie, is dat hul passasiers, wat vir die diens betaal, dit net so gedwee aanvaar.
Hulle aanvaar dit nie noodwendig nie, hulle weet net nie wie om te kontak nie. Intimidasie is ook baie erg van die drywers se kant af. As hulle kla word hulle summier afgelaai en hulle kry nie hulle geld terug nie. My bediende vertel ons gereeld van die rillers.
Eina. Ek het redelik groot geword voordat ek besef het iets soos ‘n groot boom wat nie meegee nie (ook mure, brue, geboue ens) so uiters gevaarlik is en sulke erge skade aan voertuie aanrig. Daai ouens in die voorste rye het geen kans nie.
Aan alle taxibestuurders, asb gehoorsaam aan padreëls en minder roekeloos!!!!
hoeveel kan in ‘n taxi soos op die foto aangeheg? 6 vrouens, 1 man oorlede, 3 kritiek beseer en 5 ernstig = 15, waar kom die bagasie?
Ja dis belangrik dat ons na ons bome omsien. Hulle vervul belangrike funksies.
Dit is waar Joann
So jammer. Bedoel Gideon. Dit is so waar wat jy daar se.
Gekoopte lisensies. Geen kennis van reels. Bombasties.