Sewe sterf in Mpuma-ongeluk

Foto verskaf

Sewe persone is Saterdagoggend dood toe ʼn taxi en ʼn vragmotor op die D2296-pad tussen KaNyamazane en Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van veiligheid, sekuriteit en samewerking, het gesê die vragmotor het omstreeks 06:30 van ʼn stortingsterrein teruggekeer toe die ongeluk naby Thekwane plaasgevind het.

Sewe persone van die taxi, insluitend die bestuurder, is op die toneel dood verklaar.

Die taxi was van KaNyamazane na Mbombela op pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Laevelder ·

Net geweet dit gaan gebeur met al sie vragmptors wat nou daardie pad ry om die tolhekke te vermy. Hoe lank voorsat daardie pad weer lyk soos die Sabie- Wit Rivier pad?

AJ ·

Daar is nie ‘n tolhek tussen Nelspruit en die stortingsterrein nie?

Skroef ·

Aj verwys waarskynlik na die mashado tol plaza. As dit die pad is wat dink dit is, het dit sowat n jaar gelede net skielik begin wemel van die trokke.

IK ·

Mens moet maar bestuur om voorsiening (menslik) te probeer maak om ‘n ongeluk te vermy. Dit skyn asof die vragmotor voor die taxi ingedraai het wat met ‘n merske spoed gery het wat die vragmotorbestuurder nie verwag het. Indien nie so nie dan geld dit wel vir ander ongelukke waar mens maar eerder moet wag. Moenie jou steur aan die beesblaas agter jou wat begin toeter blaas.

Michelle ·

Daar is niks meer wet en orde nie, word jy afgetrek vra hul jou vir omkoop geld , bitter min wil vandag eerlik werk en ek haal my hoed af vir die wat eerlik sy geld verdien. Meeste bestuurder is op selfone van hulle is onder die invloed en van taxi bestuurders sal ek nie eers praat nie die pad behoort aan hulle meeste het nie eers bestuur lisensie nie.

Skroef ·

Is dit nie n oortreding van daardie einste taxi wat sy musiek so hard speel nie? Hy lan geen toeter of sirene hoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.