Sewe sterf in Mpuma-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense is Donderdagoggend naby Waverly in Mpumalanga dood nadat ʼn vragmotor en ʼn bakkie op die N17 gebots het.

Volgens Joseph Mabuza, provinsiale woordvoerder van die departement van gemeenskapveiligheid, het die botsing omstreeks 06:30 by ʼn T-aansluiting tussen Waverly en die Oshoek-grenspos plaasgevind.

“Die bakkie het na bewering nie by die stopstraat by die aansluiting stilgehou nie, en in die kant van die vragmotor vasgery,” het Mabuza gesê.

Al die oorledenes, waaronder die besuurder, het in die bakkie gery.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.