Sewe sterf in N12-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense het onherkenbaar verkool na ‘n botsing reg van voor op die N12 tussen Christiana en Warrenton.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het omstreeks 14:15 Saterdagmiddag plaasgevind.

Hy sê ‘n Volkswagen Jetta se band het glo gebars waarna die motor in die aankomende verkeer beland het en teen ‘n Toyota-bakkie gebots het.

Ngubane sê albei voertuie het weens die impak van die botsing aan die brand geslaan.

Hy sê daar was vyf insittendes in die Jetta en twee in die bakkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

elize ·

Wanneer gaan die mense besef spoed maak dood en dat n kar nie n speelding is nie. Asb mense ry veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.