Sewe sterf in Nuwejaarsdag-botsing

Die voertuie se wrakke. FotoL Netcare 911

Die voertuie se wrakke. Foto: Netcare 911

ʼn Botsing in Johannesburg op Nuwejaarsdag het die lewens van sewe mense geëis.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn minibustaxi en ʼn motor het omstreeks 07:15 in die Elandsfontein-omgewing reg van voor gebots, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het.

“Toe paramedici en die brandweer by die toneel opdaag, was albei voertuie in ligte laaie, met mense wat binne vasgekeer was. Nadat die brand onder bedwang gebring is, is sewe mense se liggame gevind,” het Botha gesê.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê die botsing het op Grasmereweg plaasgevind.

“Twee mense in die motor en vyf in die taxi is op die toneel dood verklaar,” het Mulaudzi gesê.

Mulaudzi het gesê nege mense het beserings in die botsing opgedoen en is na Sebokeng- en Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Die oorsaak van die botsing is onbekend en sal deel vorm van ʼn polisieondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhard ·

Wenk wat lewens kan red: ‘n Kenner sê my as jy in ‘n brandende voertuig vasgekeer word, probeer om eerder die agterruit as die ander uit te skop.

zoom zoom ·

Met elke ongeluk waarvan ons lees is daar ‘n TAXI betrokke.

Danie ·

Ek sien in die nuus daar is 200 taxis geskut in johannesburg. Wat n GRAP. Ek ry n roete elke dag in die roodepoort florida omgewing en sien daagliks ten minste 50 onpadwaardige taxis en hulle ry elke dag met passesiers onverskillig. Hulle oortree pad reëls ten aanskoue van verkeersbeamptes en niks word gedoen.

Ben ·

Stem saam, Taxi, Busse en Swaar Voertuie (KZN veral).
Kop aan kop botsing as gevolg van Motor wat onsigbaar op die pad is bv. Swart Grys motor op Swart Grys teerpad. M.A.W. verkeerde kleur motors.

Piet ·

Net jammer die ander mense se lewens word ook geneem. Maar vir die taxi bestuursers het ek geen simpatie of gevoelens nie. Net jammer as een gaan is daar 100 wat nog minder kan bestuur in sy plek.

Deloris ·

Weereens soos alle taxi ongelukke….
Voel vere vir pad reels

Slimjan ·

Nog voertuie wat aan die brand slaan? Is dit nie n bietjie erg nie? Die soveelste binne 6 maande? Hoe impak, hoe spoed?

Wil jy nou meer ·

Soos al die ander kommentare vra ek ook AL WEER ‘n TAXI betrokke. Hulle is besig om mekaar uit te moor.

CHRISTA ·

Ek wil net weet hoekom pla onpadvaardige taxi’s ons metropolisie NET tydens Desembervakansies en nie die res van die jaar nie? Is dit dalk omdat hulle families ook dan meer op die pad is?

easy rider ·

Die taxi bedryf in geheel beheer die regering sowel as die verkeers owrrhede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.