Sewe sterf in Oos-Kaap-botsing

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Sewe mense is dood toe twee motors Maandag in die vroeë oggendure reg van voor op die N2 in die Oos-Kaap gebots het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die botsing het omstreeks 03:30 naby Kareedouw gebeur. Volgens Nkohli was ʼn Chevrolet Sonic in die rigting van Stormsrivier op reis toe dié voertuig ʼn ander motor verbygesteek het. Die Sonic het reg van voor teen ʼn aankomende Volkswagen Polo gebots.

“Vyf van die sewe insittendes in die Sonic is op slag dood, terwyl twee van die drie insittendes in die Polo gesterf het,” het Nkohli gesê. Drie ander insittendes wat beseer is, is na ʼn hospitaal in Humansdorp gehaas.

Nkohli het gesê die name van die oorledenes word weerhou totdat al hul naasbestaandes in kennis gestel is. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

cor ·

Definetief swak bestuurs opleiding indien enige . Seker n gekoopte lisensie en sewe mense in ‘n Chev Sonic? die voertuig was nog oorlaai ook en het nie die nodige krag gehad om verby te steek nie en seker ook nog op n wit sper streep wat net daar is om die middel van die pad aan te wys. Die sperstreep is nie polities korrek nie dit is die rede hoekom mense dit ignoreer.

Oupa ·

Ek wonder of die owerhede al uitgevind het wát veroorsaak al hierdie kop-aan-kop botsings. En of hulle beplan om iets daaraan te doen. Op die N1 tussen Pietersburg en Messina is daar padtekens wat wys dat voertuie drie-drie langs mekaar van voor af kan kom – op ‘n enkelbaan pad. Eh, ekskuus: tussen Polokwane en Musina.

jdt ·

Was Sondag op die N6, was al skemer, 2 voertuie verby my op wit streep teen so 160 km/ph (moes mense wees wat saam ry) . 80 km verder by ingang van n dorp kry ek hulle weer, een langs pad en ander
een het in n motor vas gery. Ry veilig mense en kom eerder 30 min later as nooit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.