Sewe sterf in Pta-ongeluk

Die ongeluk in Pretoria wat sewe lewens geëis het. (Foto: Verskaf)

Sewe mense is dood en agt beseer toe ʼn minibustaxi Saterdagoggend reg van voor met ʼn Mercedes-Benz gebots het. Verskeie van die slagoffers was nog in die taxi vasgekeer toe nooddienste net ná 06:30 op die toneel aangekom het.

Die ongeluk het in WF Nkomo-rylaan in Saulsville, Pretoria, plaasgevind.

“By nooddienste se aankoms op die toneel was verskeie mense nog in die taxi vasgekeer. Drie van hulle, mans, het reeds aan hul beserings beswyk,” het Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê.

“Kake van die lewe is gebruik om die slagoffers uit die voertuig te verwyder. ʼn Vrou moes ook uit die Mercedes verwyder word. Sy het kritieke beserings opgedoen en is per ambulans na die Kalafong-hospitaal vervoer. “Die manspassasier van die Mercedes het minder ernstige beserings opgedoen en is ook na die hospitaal vervoer.”

Ses mense is in totaal na die hospitaal vervoer, waarvan vier later dood verklaar is. “Nog agt pasiënte word in die Steve Biko-akademiese hospitaal, Kalafong- en Pretoria-Wes-hospitaal behandel.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dana ·

Die wetteloosheid op ons paaie is iets verskrikliks. Dit maak my bang. Ek is Saterdag amper getref deur ‘n voertuig wat ‘n rooi lig verontagsaam het. ‘n Breukdeel van ‘n sekonde het my lewe gered, aangesien ek defnitief nie die ongeluk sou oorleef het as gevolg van die spoed wat die ander bestuurder gery het nie.

Marcello ·

Sterkte met die herstel of behandeling in die Staats Hospitale , maar ‘n nagmerrie, soos dwarsoor die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.