Sewe sterf in Soshanguve-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans en drie vroue is Saterdagoggend dood en 10 ander beseer tydens ʼn ongeluk in Soutpanweg, Soshanguve, noord van Pretoria.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (PVBK) het gesê die ongeluk het gebeur toe ʼn bakkie en ʼn minibus mekaar getref het. “Drie van die sewe oorledenes was in die bakkie en die ander vier persone en alle beseerdes het in die minibus gery,” het Simon Zwane, woordvoerder van die PVBK, gesê. “Die bestuurders van die voertuie is onder die oorledenes.”

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem.

“ʼn Span van die PVBK is besig met ʼn ondersoek om die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Die padwaardigheid van die bakkie het vermoedelik ʼn rol gespeel, aangesien die voertuig in ʼn swak meganiese toestand was,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.