Sewe sterf in Touwsrivier-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense, insluitend drie kinders, is dood nadat ʼn minibustaxi en ʼn bus op die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap gebots het.

Robert Daniels, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het omstreeks middernag plaasgevind. Volgens Daniels is 11 mense in die botsing beseer.

“Nooddienspersoneel het die oorlewendes na die Worcester-hospitaal gehaas. Drie mense is in ʼn ernstige toestand,” het Daniels gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.