Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R26 sowat 30km van Bethlehem af plaasgevind. “Twee van die oorledenes was kinders.”
Volgens Botha is die beseerdes op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.