Sewe sterf op Kersdag in Mount Aylliff

(Argieffoto: Kent Williamson)

Sewe mans is dood toe twee opposisiegroepe in Mount Ayliff in die Oos-Kaap mekaar aangeval het.

“Volgens ooggetuies het ʼn groep Mpeni-mans vanoggend omstreeks 05:00 met ʼn groep van die Nokhatshiles gebots en sewe persone, hoofsaaklik van die laasgenoemde groep, is dood,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nog ses mans, van albei groepe, is in die hospitaal opgeneem nadat hulle ernstige beserings opgedoen het.

Lt.genl. Sindile Mfazi, die waarnemende polisiekommissaris, het die 72-uur-plan geaktiveer wat beteken dat hulpbronne van misdaadintelligensie, forensiese dienste en speurdienste ontplooi word. Mfazi het ook opdrag gegee dat versterkings dadelik ontplooi word om die gebied, waar daar tans baie spanning heers, te stabiliseer.

“Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap in Mount Ayliff en omliggende gebiede om maksimum selfbeheersing toe te pas en die polisie by te staan in hul ondersoek om die verantwoordelike persone te vervolg,” het Mfazi bygevoeg. “Ons doen ook ʼn beroep op enigiemand met meer inligting om die polisie te kontak by 086 00 10111. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.