Sewe sterf op N4 in Mpumalanga

Argieffoto

Altesaam sewe mense is dood in twee afsonderlike ongelukke wat Sondagaand op die N4 naby Mbombela (Nelspruit) plaasgevind het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, is ses persone dood en twee beseer toe ʼn Isuzu-vragmotor en ʼn Toyota Fortuner-sportnutsmotor tussen die Kanyamazane- en Matsulu-nedersetting trompop gebots het.

“Ses mans in die sportnutsmotor, onder wie die bestuurder, is dood,” sê Mmusi.

“Die twee insittendes van die vragmotor het ernstige beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn hospitaal in Mbombela geneem vir verdere mediese behandeling.”

In nóg ʼn ongeluk wat Sondagaand by Alkmaar digby Mbombela plaasgevind het, is een persoon dood en drie beseer toe ʼn vragmotor en ʼn sedan gebots het.

“Die drie beseerdes is in ʼn baie ernstige toestand na ʼn hospitaal in Mbombela gehaas. Twee van die beseerdes was kinders.”

Mmusi sê die oorsaak van die ongelukke word ongesoek.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het ʼn beroep op motoriste gedoen om besonder waaksaam op die pad te wees en padreëls te gehoorsaam.

Hy het ook sy medelye met die slagoffers se families betuig en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

melaney ·

Hulle leer nooit. Net baie jammer kinders moet daarvoor boet.

Boon ·

Die resksies van LURs is so niksseggend. Hulle moet eerder wette toepas e voertuie en bestuurder se lesensies nagaan

Thelsa ·

Daardie stuk pad is net so erg soos die Moloto-pad. Verkeersreëls word verontsaam. Sperstreme oorgesteek. Wetstoepassing bestaan nie. Verkeerspolisie stel meer belang om ‘bribes’ te neem by die groot vragmotors wat oorgrens beweeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.