Sewe sterf toe ambulans motor tref

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Sewe persone is Donderdagoggend in die Noord-Kaap dood tydens ʼn ongeluk tussen ʼn ambulans en ʼn motor.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die ongeluk het op die N4 tussen Kuruman en Khathu plaasgevind. “Die insittendes van die motor het glo skape gesteel en hulle het paniekerig geword toe hulle die ambulans gesien het. Die bestuurder van die motor wou toe ʼn onwettige U-draai maak op die pad, en dit is toe dat die ambulans hulle getref het.”

Sewe persone in die motor is op die toneel dood verklaar. Twee persone in die ambulans is beseer.

“Owerhede het sewe skaapkarkasse in die motor gevind.”

Die polisie in Kathu doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die RTMC sal met die polisie saamwerk om alle faktore te ondersoek wat tot die ongeluk gelei het, het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elsabe ·

En nou wonder ek of daar ‘n pasient in die ambulans was.

Jacobus ·

Klaarblyklik het nog karkasse in veld gelê, wat ook in die voertuig was. Na bewering was meer as 20 skape geslag.
Laat mens wonder…

Dine ·

29 skape is geslag. Ons hoor 8 mense in die Corolla voertuig is dood en 7 karkasse was al in gelaai. ……

Dine ·

Ek het n stemboodskap wat die eienaar self vertel want hy is op die toneel…..

Fae Fubar ·

Grote Griet! Ek sal graag wil weet watter tipe motor soveel spasie het.

Anel ·

Nou wonder ek met wat het hulle gery. 7 dood saam met 7 karkasse. Maar nou ja, oorlading is niks snaaks in Afrika nie.

Dine ·

Gegewens verkeerd. Wonder wat het van die ander skaap geword. Ons verneem 29 skaap wat dragtige ooie ingesluit het is geslag.
8 mense is dood….. wag vir die volgende berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.