Sewe sterf toe voertuig in dam beland

Foto: IPSS Medical Rescue

Sewe mense is dood nadat die voertuig waarin hulle gery het Sondagmiddag in KwaZulu-Natal van die pad af gegaan, oor ʼn damwal gery en in die water beland het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het aan Maroela Media gesê die voorval het by die Mvutshane-dam in Maphumulo gebeur.

Die sewe oorledenes, waaronder ʼn dogtertjie van 3 jaar oud en ʼn babaseun van 10 maande oud, was almal lede van dieselfde familie.

“Die bestuurder van die Toyota Venture het beheer oor die voertuig verloor en dit het oor die damwal gery en in die water beland. IPSS Medical Rescue het saam met die polisie se soek-en-reddingseenheid, honde-eenheid en ander ondersteuningsdienste ʼn duikoperasie uitgevoer om die liggame van die oorledenes uit die water te haal,” het Herbst gesê.

Foto: IPSS Medical Rescue

Hy het gesê ses van die oorledenes se liggame is uit die voertuig gehaal wat op ʼn diepte van ongeveer 5 m gevind is. Die sewende persoon se liggaam is buite die motor gevind.

“Ons medelye gaan uit aan die oorledenes se naasbestaandes en almal wat hierdeur geraak word,” het Herbst gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

7 Dood in taxi en groot nuus. 64 Plaasmoorde en weinig word daarvan in die media gehoor, eintlik hoor ons daarvan net op MM.

willie ·

Ja en die boere was nie roekeloos onverantwoordelik nie en onskuldig!

Robby ·

Dit is regtig baie tragies om te sien hoe gaan mense dood op ons paaie agv onpadwaardige voertuie en mense wat roekeloos en nalatig is. Mens gee nie meer om vir veiligheid nie. Daarom is mens waaghalsig en onverantwoordelik en ander onskuldiges ry aan die pen van die dood. My innige sampatie aan die groepie wat hulle lewe moes afstaan.

FM ·

Sê ek ook. Boere word wreed op plase vermoor en nie veel word gesê nie. Maar paramedici word dadelik uitgeroep as n voertuig agv nalatigheid in n dam val. Boere is nie onverantwoordelik en nalatig nie, maar politici aan anc kant rep weinig n woord oor die wrede plaasmoorde. Het zuma, die sogenaamde nr een, al ooit plaasmoorde veroordeel? Dubbele standaarde.

Karma ·

Daai’s Kwaai Zulu Natal, man! Hulle skiet mekaar, slag mekaar af, eet mekaar se vleis …. Eish!

Martin ·

Voordat daar nie aan plaasmoorde aandag gegee word nie, gaan ek nie aandag gee aan busse en minibussies wat die pad verlaat agv nalatigheid nie. Die regering word gewaarsku, hulle doen niks aan die mense nie.

Lion ·

Sterkte aan die familie en vriende wat agter bly en die hartseer nou te moet verwerk. Dis tragies. Die lewe is regtig te kort, die plaa moorde is iets vreesliks wat in ons land aan die gang is! Dit moet deugebed gestuit word kom Mense kom ons bid saam asb!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.