Sewe sterf tydens brand in Koster

Argieffoto (pixabay.com)

Sewe lede van ʼn gesin is dood toe ʼn brand in hul huis in Koster, Noordwes, uitgebreek het.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin is vroeg Saterdagoggend dood toe ʼn brand in hul plakkershuis in Senthumule uitgebreek het. “Die brandweer is omstreeks 01:30 na die toneel ontbied. Sewe persone het in die huis verkool.”

ʼn Kers het vermoedelik die brand veroorsaak, omdat daar nie elektrisiteit in die gebied is nie.

Die sewe persone is Boitumelo Mafoko (48), Debogang Mafoko (21), Boikanyo Mafoko (19), Manga Mafoko (5), Mpopo Mafoko (3), Koketso Mafoko (2), and Sanga Mafoko, vier maande oud.

Snuffelhonde was ook op die toneel en geen spoor van brandstof is gevind nie. Die polisie vermoed nie vuilspel nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerrit ·

Tragies en baie hartseer. Ons dra hul familie in ons gebede op. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.