Sewe uit Vrystaat-bordeel gered

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem en sewe jong vroue is uit ʼn bordeel in Bloemfontein gered, het die Valke Woensdag gesê.

“Twee mans van Uganda, onderskeidelike 24 en 27 jaar oud, is tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ʼn bordeel bedryf het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die polisie is Maandag deur ʼn fluitjieblaser in kennis gestel wat aangevoer het dat die sewe vroue teen hul wil as sekswerkers aangehou word.

Die polisie het Dinsdag die klopjag uitgevoer en sewe studente, tussen 18 en 20 jaar oud, wat van Noordwes en Bloemfontein afkomstig is, gered. Die vroue is na ʼn plek van veiligheid geneem waar hulle behandeling en beradings al ontvang.

“Lede van die Valke het ook beslag gelê op cat (methcathinone) en kokaïen ter waarde van R5 000 wat in die bodem van ʼn ketel opgespoor is, asook pornografiese materiaal,” het Mulaudzi bygevoeg.

Die verdagtes sal Donderdag in die hof verskyn op aanklag van dwelmhandel en moontlike aanklagte van mensehandel en seksuele oortredings.

Genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, het die sluiting van die bordeel verwelkom en die lede vereer dat hulle die vroue gered het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.