Sewe vas ná beskadiging van staatseiendom; aanval op polisie

Argieffoto

Sewe verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem vir die kwaadwillige beskadiging van staatseiendom in die Elukwatini-gebied naby Badplaas in Mpumalanga. Dit volg nadat polisiebeamptes deur ʼn skare van ongeveer 30 mense aangeval is.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, was die blitspatrollie omstreeks 21:45 besig met ’n operasie by ’n plaaslike drankwinkel toe die skare die polisie omring en met klippe en leë bierbottels bestook het. ’n Staatsvoertuig is in die proses ernstig beskadig.

Een van die polisiebeamptes is ook beseer. Hy kon daarin slaag om weg te kom en ’n waarskuwingskoot af te vuur.

Hlathi sê sewe verdagtes tussen 18 en 23 jaar oud is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Eerstehoek-landdroshof in Elukwatini verskyn op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging en die aanranding van ’n polisiebeampte.

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris, het ’n waarskuwing uitgereik aan diegene wat die polisie aanval. “’n Aanval op ’n polisiebeampte is ’n aanval op die staat. Sulke gedrag kan nie geduld word nie,” sê Zuma.

Daar sal na verwagting nóg verdagtes in hegtenis geneem word namate die ondersoek voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

KrokodilBotha ·

Shame. Die staat moet daai bakkie maar net vervang.

Poot ·

@krokodilbotha
Shame….. die vervang van dai bakkie kom van jou belastinggeld af.

Trots Afrikaans ·

‘n Aanval op die gewone burger van die land is ook ‘n aanval op die staat. Die staat is onderdanig aan die burgers, nie anders om nie. Helo, ons bly in ‘n republiek…..

Maljan ·

Badplaas is naby genoeg aan Belfast om my te laat vra…. Was enige van die twintig moordenaars van Pierre se Necker al aangekeer. Hulle was ook op video afgeneem.

Danie T ·

Die tyd het aangebreek dat persone wat skade aan staatseiendom veroorsaak aanspreeklik gehou word vir die koste van skade. Indien hul nie kan betaal moet hul gemeenskapsdiens verrig.

Njerts ·

Gemeenskapdiens ook eers nadat alles wat hulle het, beleggings ingesluit van die hand gesit is om te skade te betaal.

Commie ·

Die klomp mense kan dit net in RSA doen. Hulle moet so iets probeer in Kanada of USA …. ek sal myself stukkend lag …….

Schalla ·

Nou vra ek jou – op watter punt mag die polisie hul vuurwapens gebruik om wet en orde te handhaaf? Sedert die Marikana-skietery is die polisie absoluut met hul hande agter hul rug vasgebind. Ek reken ‘n paar polisielede wat deur ‘n skare omring en aangeval word voldoen heeltemal aan die “rules of engagement” vir wettige gebruik van hul vuurwapens (ja – skerppunt-ammunisie) om hulself en beide staatseiendom sowel as private eiendom teen die skare te beskerm?!?

De Villiers ·

Die SAPD se mag is oor die afgelope paar jaar al so geminimaliseer dat die landsburgers nie eens meer respek of ń vrees vir hulle het nie. Geen wonder sulke optrede en misdaad vier hoogty in ons land nie. Die ANC en menseregte-aktiviste verstaan dit nog nie.

Me ·

Nie geduld word nie beteken seker nag nie die opstekers seer maak nie

KrokodilBotha ·

Belasting geld hou die staat aan die gang. Nie die mense wat vir hulle gestem het nie. So in afrikaans, hoe meer die staat mors, hoe beter. Hoe gouer eskom, ensv . vou hoe beter. Die sogenaamde reenboog eindig by die lavatory. Geen probleem verder.

Niklaas ·

Die arme SAP lede is eintlik magteloos. As SAP lid iemand doodskiet net omdat die lid bedreigd voel , is daar groot ondersoeke , optogte , vergelding stappe en sulke nonsens. Dit gaan ook so in die VSA.

Koos de Meyer ·

Wat help dít dat die polisie pistole het. Waar kom selfverdediging in. As hulle oorval word wat dan, as hy doodgemaak is wat dan. Die hele besigheid is belaglik.

Krokkewaan ·

Waar het jy gesien 18-23 jariges verjaag die polisie? Dis omdat ons polisie nie meer gesag afdwing nie. Hierdie land gaan net verder uitmekaar uit val. Ek stem saam, pateties!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.