Sewe vas ná Bfn-man se moord

Argieffoto

Argieffoto

Sewe persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Whitey Jameson (45) van Bloemspruit, Bloemfontein in die Vrystaat.

“Mnr. Jameson se vrou het op 28 November omstreeks 20:00 van die werk af by die huis aangekom en haar man dood aangetref,” het sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het verskeie steekwonde gehad. Sy klere, skoene, skootrekenaar, selfoon en tabletrekenaar is gesteel.”

Polisiebeamptes het Vrydag inligting opgevolg en sewe verdagtes, tussen 17 en 29 jaar oud, in Bloemspruit in hegtenis geneem. “Hulle word positief verbind met van die eiendom wat aan die oorledene behoort het, wat hulle in hulle besit gehad het.”

Die persone sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord, gewapende roof en die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

kathelen venter ·

Dis womderlike nuus, maar kan die doodstraf nie terug genring word nie? Wat help dit hulle sit agter tralies dan weer vrygelaat?

G ·

Nee, sekere mense sou onskuldig gesterf het, en die ander sou op tegniese punte weggekom het. Kyk hoe werk ons regsstelsel al klaar. Moordenaars kry borg, en mense wat ‘n ou in ‘n kis indwing kry nie borg nie. Dan spring al wat ‘n party is in om kommentaar te lewer en optogte te hou.

Piet ·

Maroela kan julle asb so gaaf wees en vir ons kan statistieke ken gee van hoeveel witmense is al vermoor vanaf die begin van die jaar tot op hede baie dankie

Dıstel ·

Whıtey, ek het jou nıe geken nıe maar ek ıs seker jy was ‘n yster. Krımınele maak eers ‘n studıe van hul prooı voordat hulle toeslaan en dıé klomp gemors het geweet dat hulle 7 gewapendes teen 1 moes wees om ın hul plan te kon slaag. Rus ın vrede Yster.

Nita ·

Vra ek ook Piet. Ek smeek al hoe lank vir die statistieke. Die Media is te bang om die syfers bekend te maak. Self die syfers vir renosterstropery word bygehou. Maar die syfers vir vermoorde en wreed aangerande wittes, word onder die mat ingevee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.