Sewe vas ná transitorooftog in Limpopo

Die polisie se forensiese-eenheid op die toneel. Foto: Verskaf

Binne 24 uur nadat ʼn groep swaar gewapende mans op ʼn transitovoertuig buite Polokwane in Limpopo toegeslaan het, is sewe verdagtes in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Maandag in die loop van die dag en Dinsdag in die vroeë oggendure in verskillende dele van die provinsie vasgetrek. Tydens die inhegtenisnemings is beslag gelê op twee gesteelde voertuie met vervalste nommerplate, ammunisie, patroondoppies, geldsakke en springstof.

Die verdagtes, tussen 24 en 49 jaar oud, sal Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op ʼn reeks aanklagte.

Maroela Media het vroeër berig die rooftog het Maandag omstreeks 05:35 op die pad tussen Polokwane en Matlala gebeur toe ʼn groep rowers vanuit ʼn wit Isuzu-dubbelkajuitbakkie en ʼn blou Rav4 op die transitovoertuig geskiet het. Die rowers het die geldwa se bande stukkend geskiet en die voertuig só tot stilstand gedwing.

Die aanvallers het hul gewere op die veiligheidswagte gerig en springstof gebruik om die kluis in die geldwa oop te blaas. Hulle het met ʼn onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.

Twee van die veiligheidswagte het geringe beserings tydens die voorval opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Han ·

As in ag geneem word hoeveel transito-rooftogte plaasvind, kan ek nie glo dat die geldwaens nie doeltreffend beskerm word nie. Laat ‘n Caspir aan beide kante van die geldwa, dit begelei na sy bestemming. Is dit só moeilik om drastiese beskerming te verleen?

pieter ·

Of gebruik die Casper as geldwa, met 10 swaar gewapende wagte

alida ·

Ons wag vir die berigte van ontsnapping of borg vrygelaat. Dit is mos hoe dit gaan.

Willie ·

MM ons graag wil weet wie sit agter die… daar moet n iets grooter hier agter wees… Was dit burgers, of uitlanders?

JMC ·

Die ANC regeer nie, hulle is marionette van ‘n groter wêreldmag. Hierdie rooftogte word georkestreer om kontant onbekostigbaar duur te maak om jou sodoende in ‘n kontantlose samelewing in te dwing om sodoende beheer oor jou lewe te verkry. Dieselfde geld vir grondhervorming. Rassisme word gebruik om die kwessie af te dwing. Sodoende word voedselsekerheid geskaak want jy kan ‘n samelewing beheer met kos. Dit lei weer tot burgeroorlog en sodoende word oorbevolking opgelos. Dit alles net om uiteindelik beheer oor minerale te bekom. Natuurlik kan niks wat ek nou geskryf het as waar bewys word nie, maar dan kan die teendeel ook nie bewys word nie. En sodra die bestaan van iets nie bewys kan word nie, ontstaan die moontlikheid dat dit wel bestaan. Dixi.

WillieNB ·

Een van die verdagtes is in die honde eenheid van die Polisie en is naby die Carousel tolhek in hegtenis geneem. Solank as wat daar nie “life style” audits op alle lede van die SAPS gedoen word nie, sal hulle altyd betrokke wees.

min ·

ek het vandag met iemand gepraat, die meeste gevalle is dit mense wat ontslaan uit diens uit wat die rooftogte doen, die kontantwaens se mense lewe regtig in vrees..

Krie ·

Maar kan nie enige plaasmoordenaars vastrek nie…maar G4S rooftogte, binne 24h

Michael ·

Ek stem saam Han as hulle vir Zuma 20 karre kan gee vir beskerming wat dit eintlik nie nodig het nie kan hulle mos die geld waens ook beskerm. Gebruik die caspers minstens sal die weermag iets kan doen en nie net vakansie in die basis hou nie. Die oorlog het mos van die grens af geskuif binneland toe.

Marinda ·

You can run but you can’t hide. Do the crime, be prepared to do the time

Pieter ·

Eish maar eers mooi nadink voordat Caspers ingespan word. Onder wie se beheer en wie bestuur? Onse ou weermaggie se manne?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.