Sewe vas ná verkragting van 13-jarige

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mans is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontvoering en bendeverkragting van ʼn 13-jarige meisie in Kaapstad.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer is Vrydag omstreeks 20:00 ontvoer toe sy alleen in Robert Sobukwestraat in Nyanga gestap het.

“Een van die verdagtes het haar gegryp en na ʼn plakkershut geneem waar sy glo herhaaldelik deur die man en sy vriende verkrag is. Hulle het haar in die plakkershut aangehou en die volgende dag vrygelaat,” het Van Wyk gesê.

Die sewe verdagtes is vandeesweek in hegtenis geneem en die polisie is steeds op soek na ʼn agtste verdagte.

Die verdagtes, tussen 18 en 20 jaar oud, moet Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

anoniem ·

sien hier is ook n voorbeeld dat NIKS GAAN GEBEUR MET DIE PERSONE NIE MAAR DIE BLANKE MOET ALTYD die spit afbyt deur plakate KILL THE WHITE!!!!!!

Denise ·

Dit is nou hartseer besef die mans wat so walglik was wat se trauma dit vir n meisiekind van dertien is ek is op van al die moorde, verkragtings en inbrake en niks word daaraan gedoen nie maar simpel goed kry aandag vir dae aaneen ek verstaan dit nie ????? Is n lewe in die land dan NIKS WERD!!!! Sterkte aan die meisie en haar ouers!!!

Cherokee ·

Ek sou baie graag Mabel Jansen se opinie daaroor wou hoor.

Kapenaar ·

Moet hulle nie opsluit nie, gee hulle vir die gemeenskap!!

Lance ·

Let maar net weer op hoe word na die skuldiges verwys as ” verdagtes” terwyl in die kis storie daar pertinent na ras verwys word ….die media is uiters rasisties lyk my ….

Koos ·

Wat my telkens verbaas is dat die kleur van die verkragters nie in hierdie berig genoem word nie. Maar wanneer twee mans iemand in ‘n doodskis prop en dreig om hom aan die brand te steek, berig al die media dat die oortreders wit is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.