Sewe mans is Sondag by ʼn huis in Melkhoutfontein in Stilbaai in hegtenis geneem in verband met die moord op Ampie Jansen, ʼn 38-jarige man van die Wes-Kaap.
“Die verdagtes is almal tussen 22 en 38 jaar oud,” het kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, Maandag gesê. “Die mans het Jansen glo van ʼn misdaad beskuldig en hom erg aangerand.”
Jansen het op pad na ʼn hospitaal in Riversdale aan sy beserings beswyk.
Die sewe mans gaan na verwagting Woensdag in die Riversdale-landdroshof verskyn. – SAPA