Sewe vas ná Wes-Kaap-moord

tronk 2Sewe mans is Sondag by ʼn huis in Melkhoutfontein in Stilbaai in hegtenis geneem in verband met die moord op Ampie Jansen, ʼn 38-jarige man van die Wes-Kaap.

“Die verdagtes is almal tussen 22 en 38 jaar oud,” het kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, Maandag gesê. “Die mans het Jansen glo van ʼn misdaad beskuldig en hom erg aangerand.”

Jansen het op pad na ʼn hospitaal in Riversdale aan sy beserings beswyk.

Die sewe mans gaan na verwagting Woensdag in die Riversdale-landdroshof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.